
Foto: Canva.com
word wakker
word wakker
maak oop jou oë
aanskou die nuwe dag
wat braaf bresse slaan in die nag
beskeie ’n sirkel om ons trek
wat die horison omsoom
met ’n dik rooi koord
terwyl hy slaan op ’n trom
blaas op ’n fluit
sy oë word nog wakker
die slaap blink steeds daarin
hy dra ’n veelkleurige jas
van vars vooruitsig
wat saggies saamsing
waarin die eerste tekens
van nuwe moontlikhede
stadig begin bot
soos die skugter lente
se eerste bloeisels
wat wit soos vlinders
aan die takke hang
sag omvou in die eerste lig
se ongeskonde hoop
Kommentaar
‘n Pragtige woord-kuns wat inspireer.
Fantastiese woordgebruik, Willem. Doen so voort.
So waar🙏🙏👌
Dankie vir die mooi woorde, Willem, en die herinner dat elke dag 'n mooi nuwe begin is en die res is wat ons daarvan maak.
Pragtig
Baie mooi beskrywing!
Mooi woorde, Willem.
Pragtig, die gawetjies van 'n nuwe dag se seën! Dankie, Willem de Swyger...
Baie mooi geskryf, Willem!
Baie treffend, my ou maat.