Koos Kombuis dink dat die meeste selfhelpboeke nie van veel nut is nie, want hulle word dikwels geskryf deur mense wat hulleself aangestel het om dit te doen. En tog, sy renons ten spyt, lees Koos die genre en hierdie maand deel hy drie boeke wat hy hoog aanslaan. Twee van hulle is heerlike, humoristiese leesstof oor hoe om ’n sakeonderneming van stapel te stuur, terwyl die derde een aan die hand van wetenskaplike feite ons breine aan die leser verduidelik.
Kommentaar
Ag nee, wie se idee was dit om onderskrifte vir Koos se video deur KI te laat skep – want ek wil nie glo 'n (taal)mens by Litnet skryf sulke gemors (plek-plek pure onsin) nie. Kan 'n mens die video sónder die onderskrifte kyk?
Asseblief‽
Baie dankie
Dis jou rekenaar of foon wat die vreemde onderskrifte skep, nie LitNet nie!
So, ja, skakel dit gewoon af.