Koos Kombuis is ’n groot aanhanger van Murakami se vreemde stories, maar hy ly skielik aan Murakami-moegheid. Alles is dan so eenselwig? Aan die ander kant van die munt is Koos begogel met Pieter Stoffberg se vermoë om oor die vrees en angs in Oekraïne te skryf. Ten einde laas gesels hy oor ’n besoek aan ’n boekwinkel en vra hoe lank dit nodig gaan wees om boeke te probeer verkoop op grond van die vloekwoorde op die voorblad.
Kommentaar
Haruki aan die woord:
Wanneer ’n roman eers op dreef kom - beweeg dinge amper vanself (op allerhande pote ) in die regte rigting. Karakters neem aan ’n lewe van hulle eie - die storie bou momentum op - en dit is altyd ’n heerlike ervaring soos hierdie tipe van situasie ontwikkel - en die skrywer letterlik kan terug sit - en al wat nodig is - al wat jy as skrywer hoef te doen - is net om neer te skryf dinge soos dit gebeur - soos jy dit sien - soos die storie homself vertel. Somstyds gebeur dit self dat een van die karakters die skrywer aan die hand neem - en hom lei op ‘n heel onverwagte vurk in die pad - ’n totaal en al onbeplande destinasie.
Kom ek gee vir julle ’n voorbeeld. Hier dan ’n verwysing na so ’n tipe ding wat met my gebeur het met die skrywe van my boek - ‘Colorless Tsukuru and his Years of Pilgrimage’.
In hierdie boek is daar hierdie baie aantreklike vrouekarakter - by name Sara Kimoto. Op my ere woord - toe ek met hierdie spesifieke storie begin het - was my plan ’n kort storie. Ek het by myself gedink - okay Murakami - maybe so min of meer sestig bladsye in Japanese skrif - en dit sou wees dit.
Miskien sal ’n kort opsomming van die storielyn help. Tsukuru Tazaki is die hoofkarakter. Dit was hy en vier boesemvriende eens op ’n tyd op hoërskool in Nagoya. Uit die bloute word hy in kennis gestel van die feit dat hulle niks meer met hom te doen wil hê nie - in actual fact hom nooit ooit weer wil sien nie. Geen verduideliking hiervoor - geen rede vir hulle optrede nie.
Hy besluit om dit daar te laat - nie verder uit te vra vir antwoorde nie. Kort daarna vertrek hy na Tokyo - voltooi ’n kursus by n kollege - kry werk by ’n spoorwegmaatskapy - en op hierdie punt van die storie is hy ses en dertig jaar oud. Die blote gedagte aan die herinnering dat sy beste hoërskool vriende hom summier afgesny het - kontak met hom verbreek het - het obviously rou wonde gelaat. Hy slaag tog daarin om sy pyn en lyding van ander weg te steek - en leef - vir alle praktiese doeleindes ’n rustige doodgewone lewe.
Dit gaan goed by die werksplek - hy kom oor die weg met kollegas - en dit sluit in veelvuldige verhoudings met oulike poppe (girlfriends) oor die verloop van die jare. Ten spyte hiervan het hy nooit na skool enige diep emosionele konneksie met enige enige iemand anders gedeel nie.
In my boek is dit hier dat sy lewe kruis met die van Sara. Sara is twee jaar sy senior - en kort daarna begin die twee van hulle om saam uit te hang. Een aand - vir geen spesifieke rede - vertel hy aan Sara omtrent sy vier hoërskool vriende - en hoe hulle hom uit hulle lewens geïsoleer het. Sara dink en herkou aan sy relaas. Uiteindelik gee sy opdrag aan Tsukuru om terug te keer na Nagoya - en om uit te vind wat presies het agtien jaar gelede plaasgevind - en wat hulle vriendskapsverhouding so totaal en al opgeneuk het.
"Dit is miskien nie dit wat jy wil sien en weet nie - maar dit is wat jy moet weet !" Dit is wat Sara vir hom gesê het.
Om die eerlike waarheid te sê - tot op daardie oomblik het ek nie vaagste begeerte gehad om te weet oor hoekom sy vriende hulle rug op Tsukuru gerdaai het nie. Vir my was dit oorgenoeg om hom te laat voort ploeter in sy lewe - en met hom wat nooit sou kon uit figure wat die raaiselagtige redes was vir hulle gesamentlike besluit om hom uit hulle lewens te sny nie.
My idee was nooit (soos in nooit) om hom terug te stuur na Nagoya nie. Hierdie was mos veronderstel om ’n kort storie te gewees het.
Maar hier is die wierd ding.
Die oomblik toe Sara die voorstel maak om uit te gaan vind - wat de hel het daar gebeur ? - ( en ek het maar net soos ’n skrywer neergeskryf wat sy aan hom gevra het ) - toe moes ek van my kant af dinge organiseer sodat Tsukuru sy pad kon vind al die pad terug na sy ou hoërskool in Nagoya.
Wat ek hier probeer kwytraak, is dat in ’n splitsekonde het Sara se woorde die storie op die rug gekeer - en op ’n heel ander trajek gestuur - iets wat ek nie vooruit beplan het nie.
In hierdie opsig is - Colorless Tsukuru Tazaki and His Years of Pilgrimage - ’n werk wat na aan my hart lê - en dit vir allerlei redes. Op die oog af is dit ’n realistiese roman, maar tussen die woorde en sinne wemel dit van allerlei geheimsinnighede en metaforiese gedrogte.
Haruki Murakami
Novelist as a Vocation