Verbode voedsel volgens die bybel

  • 4

Daar was ’n klomp diere waarvan die mens nie mog eet nie – sien Levitikus Hoofstuk 11. Hieronder is die vark (vers 7), volstruise (vers 16) en wat waterbewoners betref, mag geen skulpdiere soos oesters en mossels geëet word nie, natuurlik ook nie kreef nie (verse 9 tot 12).

Maar tog eet ons dit vandag en dit is te danke aan Petrus! Hy is gekritiseer omdat hy by "onbesnede manne" in die huis gegaan en saam met hulle geëet het. As ’n man onbesnede was, was hy natuurlik van die "heidense nasies" en hulle het allerlei soorte diere geëet wat vir die jode verbode was. Hy vertel toe hy was in die stad Joppe in gebed, en "in ’n verrukking van sinne" het hy ’n gesig gesien. ’n Voorwerp het naamlik uit die hemel neergedaal soos ’n groot laken en daarin het hy gesien:

Verse 6 tot 9 "...die viervoetige diere van die aarde en die wilde en die kruipende diere en die voëls van die hemel.

En ek hoor ’n stem wat vir my sê: Staan op, Petrus, slag en eet!

Maar ek antwoord: Nooit nie Here, want niks onheiligs of onreins het ooit in my mond ingegaan nie."

Die stem het toe uit die hemel geantwoord "Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie."

Hierdie proses het glo driekeer plaasgevind en die afleiding is dat die mens nou enige lewende ding mag eet.

Nou ontstaan talle vrae, soos waarom het god dit in die eerste plek verbied en dit dan later toegelaat? Was dit nie maar net ’n leuen wat Petrus vertel het nie, omdat hy besef het hulle gaan nie hond haaraf maak om die jode te "bekeer" nie en dus ook nie genoeg geld insamel nie?

Wat bedoel hy met ’n "verrukking van sinne", dit klink vir my na ’n ernstige toestand en ek weet nie of mens kan ag slaan op iemand wat sulke "verrukkings" kry nie!

Groete,

Heiden

  • 4

Kommentaar

  • Heiden
    Jy vra na die betekenis van "verrukking van sinne?" Kan tog niks anders as ’n hallusinasie wees nie! Ou Petrus was tien teen een  ’n dwelmafhanklike. Miskien het hy daggablare gekou want rook was toe mos nog nie uitgevind nie. Trouens nie in daardie omgewing nie — want dan sou dit tog mos in die Tien Gebooie opgeneem gewees het.  Of dalk  het hy meer van die verwerking en gebruik van papawerblomme geweet as wat ons vermoed.
    Groete
    Panda

  • Kobus de Klerk

    Die vertaling “verrukking van die sinne” is vertaal uit die Griekse woord ‘ekstasis’ wat in die konteks waarin dit in Handelinge 11:5 aangewend word, beteken ‘trance of astonishment and amazement’. Dus, Petrus was verdwaas oor die gesig wat hy gesien, het (een van die maniere waarop God soms met mense kommunikeer). Daar is dus niks sinister aan verbonde soos wat die heidene dit graag sou wou sien, nie.

    Weereens die onkunde wat die heidene onderkry – hoe anders? Dit is weens moedswillige vooroordeel, onkunde en insigloosheid dat mense heidene is. As hul wou verstaan het wat aangaan, sou hulle gelowiges wees op die weg na kennis in die wonderbaarlike Woord van God.

    En Petrus was nié ágter geld aan, soos die moedswillig bevooroordeelde, onwillige en insiglose heiden graag vanuit sy eie verwysingsraamwerk (heidene dien mos vir mammon – want dit is óf God óf mammon [ Mattheus 6:24] - daarom sal geldgierigheid vir hulle die uitstaande beweegrede,  komende van mammon, vir alles wees, en sal hulle algar onder daardie kam wil skeer) beweer nie, maar hy was besig met die juiste opdrag van die HERE – Mattheus 28:“19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” Hy wat Petrus is, het die voorbeeld juis by die HERE gekry : Mattheus 9:”10 En terwyl Hy in die huis aan tafel was, het daar baie tollenaars en sondaars saam met Jesus en sy dissipels aan tafel gegaan. 11 En toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir sy dissipels: Waarom eet julle Meester saam met tollenaars en sondaars? 12 Maar toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. 13 Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.” Direk verwysende na heidene.

    Diegene wat Petrus daaroor gekritiseer het, soos die heiden, was ook onwillige insiglose, bevooroordeelde heidene en fariseërs.

    Wat die heidene en ander insigloses nie begryp nie, is dat heelpaar van die Mosaïese wette, nie noodwendig Godsdienstige wette was, nie, maar dikwels sosiale- en gesondheidsregulasies in 'n gemeenskap wat met die karigste van toerusting en uitrusting besig was om deur 'n woestyn te reis na hul bestemming. Varkvleis, byvoorbeeld, nes heelwat van die ander diere met gesplete hoewe, is draers van parasiete wat ernstige gesondheidsimplikasies vir die mens kan inhou, en is ook draers van aansteeklike masels. Daarom het God die eet daarvan in die woestyn, verbied - 'n blote gesondheidsregulasie. Varkvleis moet gaargemaak word tot ten minste 65 grade Celsius vir ten minste drie minute ten einde die parasiete te kan dood. Destyds, meer so as vandag, was die gebruik onder die mense om hul vleis 'rare' of halfrou, te geniet. Vleiskenners vandag sal vir jou bevestig dat vleis wat so gaargemaak is, die meeste geur het, maar geen parasiete dood, nie - daarom is dit altyd gevaarlik om varkvleis anders as gaar, te eet. Skulpvis, byvoorbeeld, kan baie allergieë ontketen vanweë die hoë vlakke jodium, en is dus beter vermy te word, deur mense in primitiewe omstandighede, soos die volke at deur die woestyn moes trek. Dan was daar ook die oorheersende probleem van wurmbesmetting, en dit het weer wilde voëlsoorte ook ingesluit.

    Dus, vanweë hierdie gesondheidsrisiko's was die betrokke soorte voedsel, in daardie opsig, onrein. In die baie meer gesofistikeerde gemeenskap waarin Petrus geleef het, was hierdie algehele verbiedinge nie meer nodig nie, en het God dit opgehef, die doel daarvan synde gedien toe beter omstandighede wat meer higiëniese toestande tot gevolg had, beskikbaar was.

    Nog een van die mees belangrike onderliggende redes vir die sosiale-, munisipale- en gesondheidsrisiko's was juis God se doel om die individue en die volk te leer hoe om 'n goed gedissiplineerde en geordende samelewing te skep - God is, na alles, die God van orde, ook.

    Kobus de Klerk

  • Annatjie Bann

    Panda, duidelik is jy nie gevul met die Heilige Gees nie. Die verrukkking van sinne het niks te make met 'n deurmekaar dwelmverslaafde reaksie nie! Dis slegs ondervind wanneer God jou in die Heilige Gees doop en daar 'n blydskap en opgewondenheid in jou diepste wese gebore word. Die Heilige Gees gaan gepaard met mooi dinge en jy tog bewus nog van wat om jou aangaan al sou jy huil van vreugde en dankbaarheid. Hier gaan dit definitief nie om 'n dwelmbenewelde toestand nie. Loof die Here vir sy groot genade.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top