
Foto: Canva
Vat my terug
Na die dae van Oos-Londen
Laat my terug dink:
Aan hoe dit was
Laat my wonder hoe dit nou is
Maak my wonder oor die plek
Van my onrus
Vat my terug na die ou skooldae
Die stoep van Laerskool Grens
Al wat ek wou doen
Is om die tyd om te wens.
Ek sal haar nooit weer in die oë kan kyk nie,
Anders word ek kens.
Vee dit af,
Laat my trane en Gonubie se see saamsmelt
Laat ek weer net een maal
Op die promenade stap
Laat ek weer die pannekoek paleis
se espresso vir die eerste keer proe
Visvang op die rotse
Maar onder beter omstandighede
Ek sal hom nooit weer in die oë kan kyk nie,
Ek los dit in die verlede.
Laat ek nooit vergeet
Die naam van Beacon Bay
Laat my die smaak onthou
Van ’n vars aarbei
Gee my moed
Om verby die hospitaal te ry
Ek sal haar nooit weer in die oë kan kyk nie
Sy is vir ewig weg.
Ruggraatloos,
Betwis deur leuens
Kant gekies van die bose
Kant gekies van kat en feeks
Eerder as die van eie seun
Nooit weer sal ek hom in die oë kan kyk nie
Dit is nog te seer.
Vat my terug
Laat ek onthou
Net eenmalig weer
Die gebeure
Van Oos-Londen en omliggende dele
te beleef.