Uit Woordenaars: polletrieks

  • 0

Hierdie gedig uit die bloemlesing Woordenaars en die klanopname word geplaas met vergunning van Naledi en die skrywer. Klik hier om die bloemlesing aan te koop.

Luister hoe Eldridge Jason "polletrieks" voorlees.

Op sommige Apple-toestelle mag dit nodig wees om te stop en die podsending weer te speel voordat dit werk. ’n Alternatiewe opsie: laai die Audiomack-toep af en luister na die podsending op die toep. Klik op die Audiomack-logo op die podsending hierbo om die toep af te laai.

polletrieks

met ’n gebalde vuis
ga trek ekke oek my krys
virrie hophys
enne soetkys
vol prentjies
va anne’dag se skaapvleis

but innie donke’ sit ek nou
en koud kry
en ondou vi’lie
hoedaa na my vote gevry is
en nou’s hulle kras
as ek phone en vra
waarsie wate’ waa’mie ekke my moet was

at least het Lot se vrou sout gehaat
but ek ...
ek word alwee virre gat gevat
soelat
een heppie man
vyf djaa lank man allien
sy eie needs met kaviaar bedien
daa was geklop en niemaan het oepgemaak
kaal biene     vaal biene     wit biene
van sopbiene
cos why
pasop vir biene wat o’s elke vyf djaa ken
van waa ek bly
daais twie different movies
innie selle poppekas
soloplay
wie verwar
en aa’mekaa
ek laat my eie biene oepe dans
met sy stikkene kitaa’

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top