ANC Adel

  • 0

Dank God dat ons vandag 'n ANC-regering in SA het!!

Mens sidder om te dink tot watter vlak sou SA alreeds gesink het as Wittes nog in beheer was van SA vandag! In 1994 toe Nelson oorgeneem het was SA tot in die modder in toe verowes en vertrap deur die spul gierigaards. SA was bankrot.

Al die geld was in 'n paar skelms se sakke in. Daar was feitlik geen infrastruktuur nie. Daar was geen paaie, elektrisiteit of riool vir 95% van die bevolking nie. Daar was feitlik geen skole vir 90% van die kinders nie. Geen boeke nie, min gekwalifiseerde onderwysers, skoliere was gedwing om skool te loop in volksvreemde tale. Die Polisiemag van die tyd was niks anders as 'n mafia-organisasie nie. Die weermag was 'n rampokkermag. Wet en orde het geensins bestaan nie.

Geen wonder min indien enige Buitelanders  het SA toe wou besoek nie! Mens kon nie eens rustig op die toilet sit en Playboy lees nie, Loslyf het nie eens bestaan nie!

Maar kyk SA vandag ... dis 'n liefling onder nasies, geëerd, hooggeag, en waarom? Agv mense soos Oudpremier Marshoff, dis waarom!! Watter bedorwe Wit antie sou die moed van haar oortuigenis gehad het om so adellik op te tree soos die vrou bv? Laats eerlik wees ... nie een nie ...

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Van-premier-tot-skropsuster-20130212

VAN Vrystaatse premier tot skropsuster in die operasieteater. Oudpremier Beatrice Marshoff is terug in haar ou beroep. In ’n vlootblou uniform en sonder ’n greintjie grimering is sy deesdae ’n skropsuster in die Mediclinic Bloemfontein se operasieteater.

Dit is nie vir haar vreemd om terug te wees in die teater nie, sê sy. Voordat sy die politiek betree het, was sy jare lank ’n verpleegkundige. In die 1990’s het sy in die einste hospitaal gewerk toe dit nog die Hydromed-hospitaal was.

“Dokters saam met wie ek destyds gewerk het, spot nou met my. Hulle vra: ‘Wat soek jy nou hier? Jy het mos ’n dik pensioen gekry.’”  Sy sê baie pasiënte en selfs kollegas “koekeloer” vir haar. Ander wil weet wat moet hulle haar nou noem.

“Dit is seker ’n geval van once a premier always a premier,” lag sy. Mense kan haar nou weer suster Beatrice noem. Dit is wie sy nou is, sê sy.

As ANC-lid is sy steeds in wyk 21 betrokke en sy is ook by gemeenskapsprojekte betrokke. Soms mis sy haar lewe as premier waarin sy vyf jaar lank onder erge druk was en gereeld moes vure doodslaan. Om ’n gespesialiseerde teatersuster te wees, moet ’n mens wel ook senuwees van staal hê, sê sy. “Mens kan niks in die teater ligtelik opneem nie. Dit is ’n baie onvoorspelbare omgewing. Dit is vir my bevredigend om in die operasiesaal te assisteer en om iemand anders se lewensgehalte te verbeter en pasiënte wat angstig is se ervaring gemakliker te maak.”

Marshoff het haar opleiding in 1982 in die eertydse Coronation-hospitaal (vandag die Rahima Moosa-moeder-en-kind-hospitaal) in Johannesburg voltooi. Daarna het sy in verskeie hospitale gewerk voordat sy in 1994 heeltyds die politiek betree het. Ná haar aftrede in 2009 was sy heeltyds ouma.

Sy het egter ná twee jaar besluit sy het nog baie wat sy as verpleegkundige kan bied en het sy in 2011 by die Mediclinic Morningside in Johannesburg begin werk. Sedert verlede Maandag is sy ná 20 jaar weer terug in die Mediclinic Bloemfontein en werk sy saam met haar oudkollega matrone Janetta Smit. “Dit is net lekker om te weet ek is nie meer die een wat die besluite hoef te neem nie.
“In hindsight is daar natuurlik dinge wat ek vandag anders sou gedoen het, maar ek is tevrede en gelukkig met waar ek nou in my lewe is.” 

Ditsem!!

Dis die soort van adel wat mens trots maak om 'n ware Suid-Afrikaner te wees, nie 'n halfwas-halfnaatjie Ozzie of Kiwi nie, maar volbloed Afrikaner !!
https://mail.google.com/mail/u/1/images/cleardot.gif

Francois Williams

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top