Sal U my vashou

  • 3

Foto: Canva

Sal U my vashou

sal U my vashou as ek faal
kan ek nog saamgaan
as U ons kom haal

sal U my verbind as ek flenters is
as ek geval het in die dorings
wat so langs my pad vervuil is
hulle is al almal hier verby
die Priesters en die Leviete
die Limousine en die privaatstralers

terwyl ek hier lê
opgeslaan en verniel
met gate in my siel –
sal U my vashou as ek faal
as ek my doringkroon afruk
want die pyn was net te veel
as ek my kruis langs die pad laat val het
toe ek gestruikel het onder die gewig
met die sweep wonde orals op my rug

wil U ’n flenters siel optel
as die rowers my vir dood gelos het
sal U my wonde verbind en my optel
hier langs die pad van stukkende mense
sonder krag en sonder hoop
sonder geld om vryheid te kan koop

sal U my vashou as ek faal
kan ek nog saamgaan
as U ons kom haal

  • 3

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top