Oor oorlog en vrede

  • 5

Die wêreld waarin ons leef … Nou, hier by ons ter plaatse, is daar weer indringende debat oor ons verdedigingsbegroting en talle stemme gaan op vir ’n parate weermag, terwyl ander weer, ineenkrimp by die gedagte van wat dit werklik sal beteken as dié weerbaarheid die dag op die proef gestel sal moet word. …

Omar Bradley, die Amerikaanse oorloggeneraal, word aangehaal te gesê het: “Ours is a world of nuclear giants and ethical infants. We know more about war than we know about peace, more about killing than we know about living.”

Die beroemde generaal Douglas MacArthur, ook van Tweede Wêreldoorlog faam, het op sy beurt gesê: “The soldier above all others prays for peace, for it is the soldier who must suffer and bear the deepest wounds and scars of war.”

Albert Einstein het gesê, toe hy geweier het om aan die kernprogram waaruit die Hirosjima en Nagasaki kernbomme ontwikkel is, deel te neem: “We must be prepared to make heroic sacrifices for the cause of peace that we make ungrudgingly for the cause of war. There is no task that is more important or closer to my heart … [however] so long as there are men there will be wars.” Hy het waarskynlik Plato in gedagte gehad, want Plato het gesê: “Only the dead have seen the end of the war.”

Hoe het dit só geword?

Abraham Lincoln het gesê: “There’s no honourable way to kill, no gentle way to destroy. There is nothing good in war. Except its ending.” Hemingway het dit só saamgevat: “They wrote in the old days that it is sweet and fitting to die for one’s country. But in modern war, there is nothing sweet nor fitting in your dying. You will die like a dog for no good reason.” Die beroemde destydse geestelike, Erasmus, het die só saamgevat: “War is delightful to those who have not experienced it.” Hierdie is die sentimente wat tog deur die mensdom oor die algemeen gehuldig word. Francois Fenelon het aansluitend hierby, gesê: “All wars are civil wars, because all men are brothers.” Thomas Jefferson het gesê: “War is as much a punishment to the punisher as it is to the sufferer.” Croesus het die tragedie van oorlog só gestel: "In peace the sons bury their fathers, but in war the fathers bury their sons ..."

En tóg, is daar steeds oorloë en gerugte van oorloë, oraloor. Soveel só, dat Georges Clemenceau destyds genoop gevoel het om te sê “I don’t know whether war is an interlude during peace, or peace is an interlude during war.”

Dalk het dit te doene met die uitsonderingsgevalle van die ou mensdom, die Josef Stalin’s, wat gesê het “The death of one man is a tragedy. The death of millions is a statistic.” En met die instelling van die berugte en wreedaardige KGB, het hy gesê “Death solves all problems - no man, no problem”.

En hoe het dié ateïs en ander soos hy, nie die statistiek van afgryse laat opbou nie ...

Edmund Burke, die filosoof, het op ’n keer gesê “all that is necessary for evil to succeed is for good men to do nothing”. En hierdie filosofie kan mens seker deurtrek na al die vlakke en fasette van die samelewing.

Wat moet die ‘good men’ dan doen?

Napoleon Bonaparte het op ’n manier aangedui wat die resultaat uiteindelik sal wees, toe hy gesê het “There are only two forces in the world, the sword and the spirit. In the long run the sword will always be conquered by the spirit."

Ons kan meer klaarheid en substansie aan dié wysheid verleen, deur die ‘s’ in ‘spirit’ met ’n hoofletter te vervang, sodat ‘spirit’, Spirit, word. Want “Spirit” het ingrypende betekenis. Ingrypende Krag. God se Krag.

Kahlil Gibran het begin raak aan dié kenmerk van die ‘Spirit’ waar hy sê “safeguarding the right to well-being of others is the most noble and beautiful end of a human being” – naasteliefde.

Dit is die Spirit van die Liefde - God, want God ís Liefde - God in Jesus Christus die HERE het dit vir ons kom leer en demonstreer in die Woord.

Die Woord volbring dié gedagte en lewensfilosofie wat eens en vir altyd ’n einde sal maak aan die afgryslikheid van oorlog op al sy gruwelike vlakke en sál triomfeer:

Markus 12:

“30 en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.
31 En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié (twee) nie.”
En by die bergpredikasie, dié Waarheid wat daarby aansluit:

Mattheus 7:

”12 Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.”
Waarom sou die Josef Stalin’s van die lewe dit nie wil eer en navolg nie? Waarom sou hulle die Outeur daarvan, die Spirit, die Gees van Liefde, nie aanneem nie? Omdat hulle God verloën en daarmee saam die Liefde, ook.

Maar, die Gees van Liefde, God, sál die laaste Woord hê. Dit is die wonderlike hoop en krag vir die toekoms. En wat moet die ’good men’ van Burke doen? Hulle moet daaraan begin gevolg gee. Dit is n kwessie van opvoeding en oortuiging in die Goeie, die Spirit. GOD.

Groete,
Kobus de Klerk

  • 5

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Kobus, is ek ook jou naaste? ... vir my is jy my naaste (medemens) ... ja, jy is my ou grote amigo in Adam ... mag Jesus Christus ons God ons almal vergewe ... liefde in die genade van Jesus Christus onse HERE ... ekke ...

  • Kobus de Klerk

    Jy is my naaste, Cornelius, net soos Wouter, Angus, Thomas, en al die ander mense soos julle. Ter wille van julle verduur ek baie beledigings en slegsêery, omdat ek met my getuienis julle gemaksones binnedring, en ek doen dit, want julle is ook aan die genade van die HERE Jesus Christus deelagtig, nes ek ... maar nie een van julle besef dit nie, want nie een van julle beskou die genade van die HERE Jesus as genoeg vir julle nie. Jy, probeer die HERE verander en jou eie god van Hom maak, soos dit jou pas. Die ander, doen dieselfde, maar op 'n ander manier. Hulle verloën hom en verwerp hom, om hulle te pas. Algar van julle doen dit sodat Hy nie meer vir julle 'n gewete is, nie.

    Daarom is julle my medemens, en gee ek veel meer vir julle om, as wat julle vir my omgee.

    Maar, tragies genoeg, nie een van julle, is my broeders in die HERE, nie. Want nie een van julle, aanvaar die HERE vir Wie HY is, nie.

    Maar jou broer in Adam, soos jy na my verwys, is ek nie meer nie. Danksy die verlossingsgenade van die HERE.

    Dus, die eerste stap om Vrede uiteindelik te bewerkstellig, is om my naaste, wat van my HERE vervreemd geraak het, vir watter rede ookal, met watter metodes ookal nodig mag wees, weer te probeer terugbring by die ware Vredevors, die HERE Jesus Christus. En daarmee is ek besig. 'n Dankbare diens is dit bepaald nie, maar 'n voorreg, wel.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Kobus, 

    Ek is dankbaar vir jou besef dat ek ook wel jou naaste is.  

    In die reël hanteer ek jou maar soos enige ander misdadiger Kobus.  

    (Met misdadiger bedoel ek hier die kern daarvan naamlik iemand wat ander wil aandoen welke watter manier ook al en tot hul eie voordeel. As daar nie voordeel in is nie, is dit gewoon nie 'n misdaad nie nes jy as pararegskundige seker ook sal ken).  

    Misdadigers is egter ook ons naaste - nes Hindoes, Moslems, Jode, Katolieke, Boeddhiste, Agnoste, Ateïste, homoseksueles, geskeides, ... 

    Ek plaas die aanhalings en besprekings van jou meesterstuk (na Wouter Ferns se mening), jou "Kaleidoskoop van waansin", spesiaal ook hier sodat jouself kan herinner aan jou soort naasteliefde. Jy verwys ook gewoonlik daarna as "Cornelius se siek, waansinnige gelaster":

    http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=93191&cat_id=160;  

    http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=93251&cat_id=160

    http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=print_article&news_id=93308&cause_id=1270;  

    http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=93368&cat_id=160;  

    http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=93536&cat_id=160

    http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=93672&cat_id=160

    Dit sou gaaf wees as jy jou bronne daarin ook kon plaas, maar my hart in jou "Kaleidoskoop van waansin" is duidelik uitgelewer en onderhewig aan jou verskeur en trap sonder enige verwysing wat jou klug daarmee sou bewys ...

    Nou ja Kobus, soos ek al menigmaal geseg het op die werf, die kennis daarin is my ervaring en vreugde wat ek op my weg in die liefde en genade van Jesus Christus onse Hemelse Vader by verskeie godsdienste geleer het.  

    Jy het my egter weldeeglik die les geleer om nie pêrels voor varke te kom strooi op die werf nie.

    Daarom het ek my kaleidoskoop in aanbidding tot ons almal se Almagtige Lewende Skepper laat vaar ook ter wille van, en met respek vir soveel opregte harte daarin wat deur jou minagting in die openbaar hartseer voor God gelaat word.  

    Die aanbidding van God deur ons naastes gaan egter ongehinderd in God se genade en liefde elders in die regte lewe voort, ten spyte van jou en Satan se haat en minagting daarteen. 

    Ek kon ook intussen verder groei daarin en het jou haat daarteen vir my soos 'n sandkorrel in die heelal verskiet.  

    Kobus, al wat ek vir jou kan vra is om te besin oor jou sensasie-jag op die werf met die Skrif onder jou arm.

    Jy's lankal uitgewys vir wie en wat jy is en sal jou glorie as die ou grote Kobus de Klerk soos berug op die ou werwe nie weer kan herhaal nie.  

    Dink jy nie ook jy maai maar vandag in jou anderhaat wat jy oor die jare gesaai het nie?

    Mag Jesus Christus onse Spirit - die Gees van Liefde - die Goeie, die Outeur daarvan, ons almal vergewe.

    Jou amigo in Adam,  

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Ek bedoel elke woord wat ek oor jou sê, Cornelius. Jy is inderdaad my naaste, my walglike naaste weens die manier hoe jy jou gedra.

    Ons vriende kies ons. Ons naastes sit ons mee. Met naastes soos jy, kan ons net vir hulle probeer reghelp op watter manier ookal, en natuurlik, bid.

  • Kobus de Klerk

    Om vir iemand soos jy, wat gedurig te velde trek teen ware gelowiges, te wys op jou dwalinge en teregwys om die Weg na die HERE te volg, is inderdaad 'n liefdesdaad - een waarmee ware gelowiges mee kan identifiseer (g'n wonder jy trek dan teen my los, nie - jy is mos nie 'n gelowige nie), Cornelius. En onbaatsugtig ook, want al wat ek daarvoor kry by jou, is smaad en hoon en nogtans word dit gereeld gedoen - want as jy dalk eendag tot jou sinne kom en ag slaan daarop, sal dit jou redding beteken. Dus, deur dit te doen, gun ek jou beter en meer as wat jy in jou dwase waas, jouself gun. Eendag sal jy dit nog agterkom.

    Maar niemand sal verwag dat jy in jou huidige toestand dit sal kan insien, nie. Jou verwysingsraamwerk is oneerlikheid - soos jy al vir jare op hierdie forum aangaan en deur verskeie mense uitgewys is. En omdat dit jou persoonlike verwysingsraamwerk is, oordeel jy alle ander wat nie op jou koers volg nie, en dit is bykans almal (mens kom dit agter wanneer mense dit waag kommentaar lewer op jou snert, want hulle is verseker om 'n stortvloed van jou gehoon op die hals te loop, daardeur), ooreenkomstig jou leuenagtige verwysingsraamwerk.

    Nietemin, dit is op rekord.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top