Skryfkompetisie: "Kompas"

  • 19

Mammie,
jy is die een by wie ek gaan skuil
wanneer die aswinde bitterbostrane huil
en jy met jou eelthand sag oor my hare vryf,
jou stem my tula met: "Bedaar, my kind, bedaar."

Mammie,
uit jou gebeente is ek gevorm en gebou
dis jy wat my deur stormwinde regop hou
jy is die kompas wat my roete wys,
as jou stem my tula met: "Bedaar, my kind, bedaar."

Mammie,
hoe hou jy die naelstring so styf gebind
sodat die spoke my nimmer sal vind
as ek my seer wat dooierus vat
agter rookskerms verberg,
kom jou stem my tula met: "Bedaar, my kind, bedaar."

Maar Mammie,
vanwaar kom jou eie swart nagte vandaan –
wie maak jou lantern in die nagdonker staan
wanneer die bang met yskloue gryp
en jou trane deur Mara-mere swem –
al bewe jou stem met:

"Bedaar, my kind, bedaar."

Skryf hier in:

Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Vrou wat ek onthou

  • 19

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top