Geskryf vir: Straatligkinders
Vers 1:
Hy sê "Wat wil jy hoor?"
Jy wat sleepvoets hier instap
Met die wêreld se probleme
Wat jy dra soos 'n rugsak
Vers 2:
Ek antwoord hom met stilte
Maar in my kop vat woorde vorm
"As ek die antwoorde geweet het
Sou ek nou wees waar ek wou kom"
Inleiding tot refrein:
Hy sê "Al is ek oud en grys en teen die lewe opgemeet
Bly my pa se wyse woorde, moeilik om te vergeet"
Refrein:
As dit storm
Dan hou jy vas
Aan die hoop wat jy oorhet
Aan die stuur, aan die mas
As dit storm
Onthou my raad
Balans in seëninge en smart
Hou akkuraat jou kompas and kaart ...
Vers 3:
Hy sê "Wat wil jy hoor?"
Wat jy nie alreeds weet
Van die lewe se kronkeldraaie
En die bloed wat jy sweet
Vers 4:
Maar daar's 'n tyd vir elke mens
Om sy swaarkry te verduur
Om sy dapperheid te eien
Om op die slagveld te seëvier
Inlei Refrein B
Hy sê "Al is ek oud en grys en teen die lewe opgemeet,
Is dit wat ek hier saamdra, minder as wat ekke sou wou weet...maar”
Refrein:
As dit storm
Dan hou jy vas
Aan die hoop wat jy oorhet
Aan die stuur, aan die mas
As dit storm
Onthou my raad
Balans in seëninge en smart
Hou akkuraat jou kompas and kaart ...

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

