Koos Kombuis lees ’n diep letterkundige werk, ’n baie populêre roman en ’n teks oor rugby wat geen pretensie tot letterkunde het nie. Hy prys dit wat goed en genotvol is, maar spreek ook kritiek uit.
Hy gebruik wel ’n aantal gekruide woorde in die proses.
Kommentaar
Koos raak nogal liries oor Dana se boek in hierdie video. Die lewe is seker 'n bietjie soos rugby, redelik rof, maar ons sal die oorbyters, oogkrappers en balskoppers moet vasvat.
Hierdie was een van Koos se heel beste episodes van WAT KOOK IN DIE KOMBUIS? Van 'n Griekse digbundel tot 'n godsdiensroman tot 'n boek oor rugby. Ek verbeel my dit was die skrywer Andre P. Brink wat eens opgemerk het dat die drama van 'n goeie rugbywedstryd vergelykbaar is met die beste van Shakespeare se dramas. Natuurlik is 'n boek oor rugby ook kultuur en deel van die letterkunde!
Mens het waardering vir Koos se openhartige waarnemings wat hy deel ten opsigte van De Villiers se boek. Soos Koos stel ek ook gladnie belang in die duiwel nie. Van die duiwel het ek genoeg gehad vir 'n leeftyd. Dieselfde is waar ten opsigte van God. Teleurstellend, want De Villiers se boek het so belowend gelyk. Dit sluit ook aan by wat Koos opmerk ten opsigte van Dana se boek, dit wat hy vertel hy gehaat het van sy eie mense (onder andere die kerk). So is die Afrikaner mos, gee hom genoeg tyd en hy hou 'n sinode oor of die duiwel 'n stert het of nie. Amper 30 jaar later, en die volk is ongelukkig nog ver van voëlvry...
Maar dan, die kontras, die mooi getuienis van Koos, die lig wat deurbreek, die besef, alles is nie net sleg, net afskuwelik, net weersinwekkend nie, daar is ook die skoonheid genaamd RUGBY!!!
Miskien moet die euforie oor rugby ook krities uitgepak word? En Koos is nou darem seker volwasse genoeg om nie vloekwoorde so rond te slinger nie.
Hallo Gegradueerde: Ek stem nie saam dat Koos K se vloekwoorde net eenvoudig onder die begrip "volwasse" geplaas/afgeskryf kan word nie. Daarvoor is die "probleem" van vloekwoorde in die literatuur net te groot. Ek het pas Rudie van Rensburg se krimi Dwelm deurgeworstel en my verstom aan die opeenstapeling van kru taal - is dit "realisme" of selfs "kultuurgoedere"? Dan word die skrywer geprys vir sy puik taalgebruik. My gunsteling digteres is bekend vir haar vloekwoorde, maar wie sal nou stry met haar argument van "...die regte woord, op die regte plek". Wonder nou net wat sal jy en Koos K dink van die titel "My F*K, Marelize". Ek is bevrees kru taal is hier om te bly.
My gunsteling songkie van Koos is juis "Die f*kkol song" en veral die laaste strofe:
https://www.youtube.com/watch?v=Q-eQhdzs28M