
Foto: Canva
ek wil gaan
nesmaak
hoog bo in die berge
onder die son, maan
en sterre
waar die wind
dae en nagte
in ’n ewige ritme
van lig en donker
oor my sal waai
oor my laat spoel
soos branders
soos hongerpyne
soos geboortepyne
ek wil gaan
nesmaak
in my hart
se hoogste kranse
en daar wil ek
stil oorwinter
tot die lente kom
Kommentaar
Baie mooi beskrywing en gebruik van woorde.
Mooi, Willem.
Pragtig.
Pragtig!
So baie talent!
Jy het alles beleef en aan jou lyf gevoel en kan daarom die gepaste keuse daaruit maak.
Pragtig, ou maat.
Jou woorde raak die hart diep! Welgedaan!
Baie raak, Willem, dankie hiervoor.