Ek het dit sien kom

  • 0

Foto: Canva

Ek het dit sien kom

ek het dit sien kom
oor die kim van my gedagtes
of voorvaderlike geheue
wat eerder
’n voorvaderlike sonde was

wat my agtervolg het
deur geslagte van oorerflikheid
hierdie wil om te doen
wat ek nie wil nie

’n donker skaduwee
wat verderf saai
om gemaai te word
in die toekoms geslagte
van verderflikheid

om soos Kain die merk te dra
waaraan hy geken sou word
so is die vlek aan my gegee
daardie peslike streek
om my soms bloots te ry

in my nuwe voorneme
om God te dien
soms selfs as ’n seën
om my nederig te hou
wat dit ook het

sodra ek gedink het
ek is iets –
om om te draai as niks
om dan te huil

om te verdwyn
in my eie skaamte
omdat ek feilbaar is
so maklik soos asemhaal
omdat menslikheid
altyd sal faal

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top