Eerste en laaste asem

  • 1

Foto: Canva

Eerste en laaste asem

dit is ’n lang pad
tussen jou eerste en laaste asem
as jy moet oud word
om die lewe te sien

jy word beloon
met wysheid
van grysheid
wat niks help nie

jy is te moeg
om dit te gebruik
tot jou voordeel
eerder jou oordeel

sien – spyt kom te laat
omdat ons te haastig is
om altyd te praat
voor ons dink

alles terwyl die sand val
onder in ons uurglas
waarin ons lewe
tot die dag as ons sterwe

net voor die asem gaan
besef ons iets groot –

die dood is verniet
dit kos jou niks

terwyl lewe duur was
dit ’n geskuur was
van skouers
teen ander

wat in jou pad was
in jou leer en ly
stry en baklei
tot die asem uitgaan –

na waar dit vandaan kom

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top