
Foto: Canva
Droom
Soos mense doen, droom ek ook soms
Ek droom oor ’n huisie by die see
En ’n toekoms
Saam met jou, maar jou naam is uitgevee
Jy bly nog anoniem,
Maar al ken ék jou nie my hart doen wel
En ek tel die dae af totdat ek jou sien,
En ons kan dans in die reën, en agter op jou bakkie kan ons die sterre tel.
Soos mense doen, droom ek ook soms
Maar die volgende oggend kan ek nog onthou
Soos ons geskaterlag het oor iets dom
En jou sagte lippe teen my nek, jou arms om my bors gevou
Is dit só gegraveer.
Ek belowe ek sal aanhou,
Al mis ons mekaar in die verbygaan, belowe my dat jy ook sal probeer.
Soos mense doen, droom ek soms
Die dag wat jy oor my pad loop
Kan nie vinniger nader kom.
Maar ek is geduldig want ek weet goeie dinge vat tyd, maar as ek kon sou ek dit omkoop.
Belowe my net een ding, dat tot en met daai dag kom
Sal jy tot dan toe nog saam met my in my drome rondloop?