Die reën

  • 0

Foto: Canva

Die reën

as die reën uitsak
op ’n droë siel
om verniel te jaag
na ’n ander tak
in ’n droë boom
in die Kalahari-son

verbrokkel sukkel
met ’n groot geraas
want gister het reeds
sy tol geëis
op hierdie reis

mense soek sinne
wat die waarheid praat
siekes soek goeie raad
om die kwaad te verdryf
ek en jy stap verby
om môre se skat te kry

so kom reën verby
was die kwaad weg
bring genesing
vir ’n dorre siel
verniel deur leuens
wat droogtes bring

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top