Kan Christelike Etiek enige rol speel by oorlogvoer, volksmoord, en die uitwis van die vyand, lg jou medemens, volgens Christus se eie Woorde?
Die volgende sitaat is afkomstig van "The Untold History of the United States" deur Oliver Stone en Peter Kuznick:
Unknown to most of the (American) public, many top military leaders considered the bombings, (Hiroshima and Nagasaki) military unnecessary or morally reprehensible. Truman´s chief of staff, Admiral William Leahy, who chaired the meetings of the Joint Chiefs, was the most impassioned, classifying the bomb with chemical and bacteriological weapons as violations of "every Christian ethic I have ever heard of and all of the known laws of war". He proclaimed that the "Japanese were already defeated and ready to surrender ... The use of this barbarous weapon at Hiroshima and Nagasaki was of no material assistance to our war against Japan. In being the first to use it we adopted an ethical standard common to the barbarians of the dark ages. I was not taught to make war in that fashion and wars cannot be won by destroying women and children".
Leahy angrily told the journalist Jonathan Daniels in 1949, "Truman told me it was agreed that they would use it...only to hit military objectives. Of course, then they went ahead and killed as many woman and children as they could which was just what they wanted all the time".
As Brigadier General Carter Clarke, who was in charge of preparing summaries of intercepted diplomatic cables, stated, "we brought them down to an abject surrender through accelerated sinking of their merchant marine and hunger alone, and when we didn´t need to do it, and we knew we didn´t need to do it, and they knew we didn´t need to do it, we used them as an experiment for two atomic bombs."
Die Anglo-Amerikaanse leuen-storie wat na die afloop van die Tweede Wêreld Oorlog in die Weste getrompeteer is, en as die ware gospel geglo is, vertel dat die atoom bombadering van Japan ’n spoedige einde aan die oorlog gebring het, en daardeur is derduisende Amerikaanse soldate se lewens gered. Die waarheid egter was dat Japan reeds militêr verpletter was en al vir maande probeer het om tot ’n ooreenkoms te kom met die VSA om ’n einde aan die oorlog te bring, maar dit het die VSA nie gepas nie. Die VSA se voorwaardes was ook van so ’n onrealistiese aard dat die Japanese dit eenvoudig nie kon aanvaar nie.
Hier volg ’n beskrywing van die mensgemaakte Hel wat losgebars het oor Hiroshima op Augustus 6, 1945:
Injured and burned survivors suffered immensely. Hibakusha (bomb-affected persons) described it as walking through Hell. The streets were filled with an endless ghostlike procession of horribly burned, often naked people, whose skin hung off their bones. Desperately seeking help for their wounded bodies, searching for family members, and trying to escape from the encroaching fires, they tripped over dead bodies that had been seared into lumps of charcoal, often frozen in midstep.
Hiroshima´s most renowned atomic poet, Sanichi Toge, who died in 1953 at age thirty-seven, wrote a poem titled "August Sixth" that reads in part:
How could I ever forget that flash of light!
In an instant thirty thousand people disappeared from the streets;
The cries of fifty thousand more
Crushed beneath the darkness---Then, skin hanging like rags,
Hands on breasts;
Treading upon shattered human brains...
Crowds piled on the river bank, and on rafts fastened to the shore,
Turned gradually into corpses under the scorching sun....
Truman always claimed that he felt no remorse, even bragging that he "never lost any sleep over that decision". When television interviewer Edward R. Murrow asked him, "Any regrets?" he responded, "Not the slightest- not the slightest in the world". When another interviewer asked if the decision had been morally difficult to make, he responded, "Hell no, I made it like that", snapping his fingers.
Dit is moeilik om woorde te vind om my morele afsku te beskryf vir hierdie afskuwelike klein mannetjie wat besluite geneem het wat die lewens van derduisende onskuldige Japanese siviele geraak het. Deel van sy onverskillige houding kan seker teruggevoer en verklaar word op die basis van die heftige propagandakampanje in die VSA teenoor Japanese tydens die Tweede Wêreld Oorlog. Hulle is uitgebeeld as ’n barbaarse ras wat nie eintlik aan die menslike spesie behoort nie, maar veel laer, soos luise en kakkerlakke, en liewer van die aardbol elimineer moet word. Tot watter mate godsdiens in hierdie giftige brousel ’n rol gespeel het kan mens alleen oor raai, aangesien die Japanese Boeddhiste, en nie Christene is nie.
Ter afsluiting, die VSA het chemiese gifstowwe gebruik in hulle oorlog teen Vietnam (agent orange), en na die oorlog is baie Vietnamese kinders gebore met ernstige kongenitale afwykings. In 1990 is wapens gebruik met chemiese gifstowwe in die sg "Gulf War" in Kuwait teen Irakkese soldate maar die soldate van die VSA en Brittanje het ook aan die gevolge hiervan gelei, aan sg "Gulf sickness", ’n entiteit wat die regerings van hierdie lande erg ontken.
Dus kom ons terug na die vraag: Kan Christelike etiek van basiese menslike ordentlikheid enige rol speel in oorlogvoer?
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Kommentaar
Nee Pieter, Christelike etiek van enige basiese menslike ordentlikheid, kan geen rol speel in oorlogvoer ... of enige ander ideologiese spel op aarde nie - ook nie die Christelike Nasionale waansin lank gelede aan Mzansi nie ... alle Godsdiens op aarde, behels die besonderse verhouding van elke hart op aarde met onse Skepper ... dis nie iets bedinkbaar, of organiseerbaar nie - vandaar Wouter Ferns se struikel byvoorbeeld oor die katolieke Kerk (katolieke, met 'n kleinletter gespel) ... ek voel egter dat indien jy konsekwent beoordeel, jy ook ewe bewus omtrent die gruwels onder ateïstiese lyding elders in die wêreld te wees ... ek hoop en bid dat jy wel tussen sinies, en skepties onderskei waar dit ander se harte raak ... Cornelius Henn
Beste Cornelius,
Ek wonder of jy diep gedink het oor al die implikasiese van jou antwoord op my vraag? Jy skryf:
Nee Pieter, Christelike etiek van enige basiese ordentlikheid, kan geen rol speel in oorlogvoer....
Nou vra ek jou: wat dan is die punt van Christelike etiek oor die algemeen, en wat is die punt om ag te slaan oor enigiets wat Christus ooit kwyt geraak het? Al sy raad is van só onrealistiese aard dat wanneer dit tot die toets kom kan dit nie toegepas of verwerklik word nie.
Wat van die maning dat jy van al jou wêreldse rykdom moet afstaan en hom volg. Dit is mos onsin. Wie gaan vir jou dogtertjie omsien?
Sy maning om jou naaste lief te hê soos jouself (die Tweede Gebod, en die kern van die hele Christelike geloof), en dit sluit ook jou vyand in, is per slot van sake net die onrealistiese uiting van 'n idealis wat nooit verwerklik kan word nie.
By oorlog tel net een saak: die uitwis van jou teenstaander, of hy wel 'n Christen is of iets ander, óf word self uitgewis.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Hello Pieter,
Pieter, dankie vir 'n interessante bespreking. Dis 'n ontstellende verhaal. Die weergawe wat ek, lank gelede, gehoor het klink anders. Die ontsettende weerstand wat die Japanners op klein eilandjies in die Stille Oseaan gebied het en die hoë ongevallesyfers onder die Amerikaners het hulle laat vrees oor die geweldige teenstand wat hulle sal ondervind as hulle die hoofeilande aanval. Gevolglik is atoombomme afgegooi om die oorlog spoedig te beëïndig en ongevalle drasties te verminder. Is gerekende Amerikaanse en Japannese historici dit eens oor die standpunt wat jy stel?
Jy begin met die stelling: “Kan Christelike Etiek enige rol speel by oorlogvoer, volksmoord, en die uitwis van die vyand, lg jou medemens, volgens Christus se eie Woorde?” Dit moes wel al dikwels 'n rol gespeel het. My eie geskiedenis kennis is op hierdie stadium verroes – wens ek kry tyd om dit weer aan te vul. Ek weet dat met die Engelse Oorlog was daar Boeregeneraals (Piet Joubert?) wat gevoel het dat dit onchristelik is om na 'n oorwinning die vyand agterna te sit en uit te roei. As kind het ek ook die argument van ooms gehoor dat as ons nie so 'n christelike volk was nie sou ons die swartes uitgemoor het (soos ander nasies wel gedoen het) en nie met 'n rasseprobleem gesit het nie. Die geskatte toename van die inheemse bevolking sedert Van Riebeeck se aankoms bied interessante leesstof en bewys dat ons nie soos die Amerikaners en Australiërs opgetree het nie.
George
Beste George,
Baie dankie vir jou belangstelling in hierdie onderwerp en jou gedagtewisseling daaroor.
As byvoegsel kan ek noem dat een van die redes (dalk die hoofrede) om die bom te gebruik was die toetrede van Rusland in die oorlog teen Japan. Die Japanese was reeds op daardie tyd militêr verpletter en sou geen weerstand kon bied teen die Rooi aanval nie.
Die Amerikaners wou nie hê dat die Rooiweermag enige voordeel mag trek uit hierdie nuwe situasie nie, en hulle posisie kon konsolideer nie. Die VSA wou die bom gebruik as demonstrasie van Amerikaanse oormag, aldus as afskrikmiddel tydens hulle onderhandeling met die Russe aangaande die toekoms van Europa.
Al die volgende sitate kan gevind word in "The Untold History of the United States" deur Oliver Stone en Peter Kuznick:
According to Deputy Chief of Staff General Torashiro Kawabe:
It was only in a gradual manner that the horrible wreckage which had been made of Hiroshima became known...In comparison, the Soviet entry into the war was a great shock when it actually came. Reports reaching Tokyo described Russian forces as "invading in swarms". It gave us all all the more severe shock and alarm because we had been in constant fear of it with a vivid imagination that "the vast Red Army forces in Europe were now being turned against us".
Admiral Toyoda agreed:" I believe the Russian participation in the war against Japan rather than the atom bombs did more to hasten the surrender".
A study conducted by the U.S. War Department in January 1946 came to the same conclusion, finding "little mention...of the use of the atomic bomb by the United States in the discussions leading up to the decision..it(is) almost a certainty that the Japanese would have capitulated upon the entry of Russia into the war".
Dus bestaan daar meer as genoeg bewyse dat die gebruik van die bom onnodig was om 'n spoedige einde aan die oorlog te bring.
"Six of the United States´seven five-star officers who received their final star in World War II- Generals MacArthur, Eisenhower, and Arnold and Admirals Leahy, King, and Nimitz- rejected the idea that the atomic bombs were needed to end the war. Sadly, though, there is little evidence that they pressed thier case with Truman before the fact.
Hiroshima vandag is 'n skoon moderne stad, en 'n besoek aan die gedenkmuseum 'n onvergeetlike ondervinding. Woorde kan nie beskryf die hel wat die inwoners, mans, vrouens en kinders ondergaan het toe die VSA op 6 Augustus, 1945, om 08.15 die oggend, die atoombom oor die stad laat ontplof het toe die strate vol kinders op pad skool toe was nie. Een van die slagoffers, 'n 9 jarige seun, is deur sy pa gevind tussen die rommel. Hy het die kind huistoe gedra en kyk hoe sy seun binne 'n paar uur sterf.
Die gedagte sal altyd by my spook dat 'n sg. Westerse Christelike nasie verantwoordelik kan wees vir boosheid van so 'n enorme skaal. Massamoord van siviele op 'n fenomenale skaal.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Beste Pieter,
Die Evangelie handel gewis nie daaroor om 'n politieke mag te ontwikkel, of sodanige samelewing te skep nie.
Dis egter waar dat deur die millennia heen, menige godsdiensboef gekom en gegaan het en hul dogma, byvoorbeeld die vergange Christelike Nasionale ideologie, uit die hel op mense afgedwing het.
Elke hart wat Jesus Christus onse HERE as hul persoonlike saligmaker ken, is by 'n verskillende mylpaal op hul weg. Daar is dus geen standaard of moraal anders as die troos van God onse Moeder, die Heilige Gees in ons harte nie.
Hoe kan daar dan 'n standaard 'n moraal, algemene wet en orde wees waaraan sulke saligheid gebind kan word?
Die infernales rig wel hulself en ander aan 'n bepaalde moraal af, en vloek hulself dan salig!
Maar, Jesus Christus onse HERE red elkeen in BESONDER (byvoorbeeld die misdadiger saam aan die Kruis), sonder om orde daarmee in 'n samelewing te bedoel!
Daarom is Kobus de Klerk se bespotting van ander se geloof en ongeloof, juis so Satanies.
Dis jammer om daarop te wys, maar Wouter Ferns, is ook net nog 'n slimjan wat reeds menige informasie wat ek met hom hieroor gedeel het, sy besef daarin persoonlik gevat het en nou moedswillig voortploeter met die hoop dat Kobus de Klerk hom 'n klop op die skouer sal gee.
Ek aanvaar egter dat dit wat ek hier met jou deel, nie die gewone ideologiese dwepery is wat jy reeds ken nie.
Pieter, ek handel stap vir stap hierin, en sal dit werklik waardeer indien jy my daarop wys waar my verduideliking onverstaanbaar is - eerder as om in kognitiewe dissonansie troos te probeer vind.
Namaste!
Cornelius Henn
Hello Pieter
Nog voor die einde van die Tweede Wêreldoorlog was die Koue Oorlog al goed op dreef. Dit sou moontlik wees om die finale oorwinning oor Japan te hê sonder om die atoombom te gebruik, maar dit sou tyd geneem het. Tyd wat Stalin se aanspraak en inmenging in Japan se lot teweeg sou kon bring. Hiervoor het die Amerikaners nie kans gesien nie en wat hulle nodig gehad het was 'n uitklophou teen Japan. Die atoombom het hierdie uitklophou verskaf en effektief die aanspraak van Stalin op Japan in die kiem gesmoor. Hierdie manier van dink verklaar ook die motivering van Amerika om Japan (Berlyn ook) so gou moontlik op sy bene te kry met reuse beleggings en rekonstruksie.
Die rede wat gewoonlik gegee word vir die gooi van die atoombom is dat die Amerikaners nie bereid was om die lewensverlies van duisende soldate te dra nie, en dit is seker nie 'n ongeldige argument nie, maar ek dink die veel belangriker rede was om Rusland uit te hou.
Dit regverdig natuurlik nie die gebruik van die atoombom nie, maar dit is dalk nodig om in die lig hiervan te spekuleer oor wat die Japanese sou moes deurmaak sou Stalin sy hande op hulle kon kry. Is oorlog nie baie keer 'n keuse tussen twee of meer euwels nie?
Chris
Beste Wouter,
Welkom terug en dankie vir jou inset.
Godsdiens het ongetwyfel 'n rol gespeel by die morele regverdiging van genocide, altans in die owering van nuwe wêrelddele deur die Weste. Onmiddellik kom die Spaanse conquistadores en hulle verowering van Suid-Amerika tevore, en hulle morele regverdiging van hulle rooftog op Indiaanse goud en lande berus op tekste van die Bybel. Die rasionaal sou wees dat die Mayas heidene en barbare was met die gevolg dat die Spanjaarde 'n godgegewe reg had om hulle uit te wis, (vergelyk die intog van die Jode in die gelofte land) óf om hulle met geweld te bekeer tot die Christen-geloof.
Die feit dat die geallieerdes en die Duitsers albei Christen-nasies is, het hulle nie verhoed om met mekaar oorlog te maak nie, in die Eerste en Tweede Wêreld Oorloë nie.
Ek is bevrees dat Christelikheid geen rol gespeel het in die raming van die VSA se buitelandse beleid sedert die Tweede Wêreld Oorlog nie, en die Presidente van daardie nasie het self sluipmoorde (Castro) gegoedkeur. Daar is dus geen plek vir Christelike sentimente waar eiebelang tel, en oorlewing op die spel is nie.
Dus is ek self baie pessimistiese oor die praktiese verwerklikwordiing van enige Christen beginsels onder hierdie omstandighede.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
What If?
A Poem by Ganga White
What if our religion was each other?
If our practice was our life?
If prayer was our words?
What if the Temple was the Earth?
If forests were our church?
If holy water—the rivers, lakes and oceans?
What if meditation was our relationships?
If the Teacher was life? If wisdom was self-knowledge?
If love was the center of our being ...
©1998 Ganga White, Santa Barbara All Rights Reserved - Written at the Rainforest Benefit, NYC April 1998
Pieter, ek sien dat jy ook Rusland as faktor noem. My reaksie hierbo het ek gestuur voor ek jou bydrae gesien het.
"Hiroshima vandag is 'n skoon moderne stad...." Die vraag wat ek seker vra is of hierdie frase geskryf kon word vandag as Japan onder die juk van Stalin was.
Weereens, ek probeer glad nie die gooi van die atoombom regverdig nie, maar die gekiedenis van Oos Europa na die oorlog was grootliks een van onderdrukking en armoede. Ek wil graag aansluit by Wouter se bydrae hierbo wat afsluit met: "It is a fascinatingly complex story, but its very complexity makes its unraveling all the more important and worthwhile." Deur terug te kyk na die verlede is van die vrae wat ons vra miskien van meer waarde omdat dit gaan na die hart van van etiek, en dit is selde 'n swart en wit prentjie.
Chris
Beste Pieter
Die onderwerp wat jy aangeraak het is uiters belangrik. Dankie. Ek sien nog geen kommentaar van jou af op Wouter se skrywe. Die man verbaas my weer aangesien die beste antwoord op hierdie delikate saak vanuit sy tikvingers gevloei het. Alhoewel ek besef hyself dalk nie die diepte van die antwoord verstaan nie.
Hoe voel jy oor Wouter se skrywe? Of wat verstaan jy onder dit?
Chris Dippenaar, Japan was lankal verower toe die atoombom geval het ... jy lees beslis uit die verkeerde koerant!
Wouter Ferns, had jy maar die ordentelikheid om jou struikel te erken en die werklikheid buite jou slimmigheid te respekteer, dan was jou "marteling" lankal verby ...
Hello Almal,
Hello Pieter,
Hello Trienie,
Beste Trienie,
Dankie vir jou brief en belangstelling in hierdie onderwerp. Jy vra my kommentaar op Wouter se skrywe. Die paragraaf wat Efesiërs siteer bevat die kern van sy antwoord: dat daar "rulers of darkness of this world" is en teen hulle geveg moet word met "the whole armour of God". Dit klink so vars uit die mond van Ronald Reagan wat herhaandelik gepraat het van "the Evil Empire" en GW Bush oor the "Axis of Evil". Trouens Reagan het sy hele program van "Starwars" geloots teen hierdie einste "Evil Empire".
Hierdie teks vorm dan die grondslag en regverdiging vir oorlog en die uitwissing van jou ideologiese vyand. Hierdie tiepe van denke sit diep gewortel in die psige van die Westerse mens wat geskool is op die Bybel: Die Woord van God.
Die probleem is eenvoudig dat jy nie mense kan klassifiseer in nét goed en boos nie, en nadat jy die vyand gedemoniseer het, het jy dan 'n Godgegewe reg om hom uit te wis. Die tekste in Openbaring sal ook vir veel "lunatic fringe" Christene genoeg stoffasie gee om 'n Armageddon te wil ontketen. Dit is mos die finale stryd tussen Goed en Kwaad.
Dus is ek persoonlik oortuig dat godsdiens 'n subtiele rol speel ('n rol waarvan mens dalk nie eers bewus is nie) by die persepsie van jou vyand, en by die voer van oorlog.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Beste Chris,
Dankie vr jou brief - ek merk dat ons ooreenkom oor al die aspekte onder diskussie, en dankie vir jou opmerking omtrent die moontlike toekoms van Hiroshima, en Japan as 'n geheel, indien die Russe daar aangeland het.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Beste Cornelius,
Dankie vir die mooi gedig vol sentimente vir 'n visie van 'n beter wêreld en naasbestaan.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Hello Pieter et al,
Beste Wouter,
Saun Wilentz se kritiek, in die finale analise, klink bloot soos regverdiging vir die VSA se buitelandse beleid, en ek is nie geneig om sekere van sy argumente te aanvaar nie.
Die New York Review of Books is ook nie die alfa en omega, of die goud standaard (miskien in die VSA) van literêre kritiek nie, of die finale arbiter van die waarheid nie.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Hello Wouter
In my reaksie hierbo sê ek die volgende: "Die rede wat gewoonlik gegee word vir die gooi van die atoombom is dat die Amerikaners nie bereid was om die lewensverlies van duisende soldate te dra nie, en dit is seker nie 'n ongeldige argument nie, maar ek dink die veel belangriker rede was om Rusland uit te hou." Hiermee maak ek natuurlik die fout waarteen jy probeer waarsku deur 'n komplekse situasie te vereenvoudig in netjiese kompartemente. Ek erken dat ek meer gemaak het hiervan as wat geregverdig kan word.
Dit gesê, met die Potsdam-ontmoeting was dit alreeds duidelik vir die weste dat Stalin hom nie gaan hou by van die stipulasies wat ooreengekom is by Yalta nie. As voorbeeld, Poland, sou nie onder Rusland se invloed onafhanklik wees met 'n demokraties verkiesde regering nie. Daar was duidelik spanning tussen die "helde" en ek sou nie so ver gaan om hierdie verhouding as "vierkantige" en volkome wedersydse respek en ondersteuning vir mekaar te beskryf nie.
Een van die probleme wat die interpretasie van geskiedkundige gebeurtenis belemmer en bemoeilik is dat gebeurtenisse benoem word. Daar word gepraat van die Eerste en Tweede Wêreldoorloë, gevolg deur die Koue Oorlog ens., en hiermee moet daar noodwendig afgebaken en vereenvoudig word aan geskiedenis wat veel meer vervleg is as wat ons dalk besef. Die revolusie van 1917, byvoorbeeld, kan gesien word as die oorsprong van die Koue Oorlog. Met hierdie revolusie was dit noodwendig dat oos en wes ideologies verskillend sou ontwikkel en dat samewerking nie maklik sou kon wees nie. Gooi hierby in die figuur van Stalin en hierdie verhouding was verder bemoeilik. Die enigste rede hoekom hierdie twee wêreldsienings saamgewerk het was 'n gemeenskaplike vyand. Hierdie samewerking het begin verbrokkel met die val van Duitsland en het 'n invloed gehad op Amerika se besluit om die bom te laat val op Japan, dalk net nie so groot as wat ek aanvanklik geïnsinueer het nie.
Dis amper seker dat my interpretasie van geskiedenis hopeloos oorvereenvoudig is, en solank ek dit besef is daar die moontlikheid dat ek iets kan leer. Baie dankie vir jou bydraes hierbo.
Chris
Hello Pieter,
Beste Pieter,
Alhoewel dit die grootste waan denkbaar is om enige Godsdiens as enigiets anders behalwe 'n persoonlike verhouding met onse Skepper voor te stel, is dit tog waar dat die intellektualisme oral daarvan, die wêreld regeer - ook op die werf.
Hoe absurd is die gedagte byvoorbeeld dan dat 'n Protestante-Amerika, in alliansie met die ekstreme en fundamentele Al Qaeda, Sirië se katolieke aanval?
Om dit te verstaan moet jy die Kobus de Klerks' en Trienie Mahnes' se gedweep oor die massas ware Christenegelowiges teenoor andersgelowiges se stryd verstaan waar dit hulle pas, net om my en die katolieke Kerk weer uit te kryt as hulle nie daarin geëer word nie, en sulke waansin in diepte kan opneem.
Pieter, bemoedigend is die volgende berig: http://www.huffingtonpost.com/2013/09/18/atheist-pac_n_3943223.html?ncid=edlinkusaolp00000003
Ek weet dit van harte; dat die breinspoeling met Godsdiens in die belang van "magsiek-ideologie", wel eendag uit die mensdom se gedagte gewis sal word.
Namaste!
Cornelius Henn
Hello Chris,
... en so balanseer Wouter Ferns se patologiese sy grys skaaltjie deur inligting te verkrag sodat dit nie kantel nie ... slim vir baie ja; gru vir enigeen wat vir hulself kan dink om te aanskou ... die doel natuurlik vir die Wouter Fernse' en Chris Dippenaars' se grys denke, is om sinies en altyd onseker te moet wees sodat hul "Big Brother", die massamedia, verantwoordelikheid vir hul waansin kan aanvaar ... siestog ..
Wouter, weereens dankie vir jou grys-wysheid bydrae.
Wyl Chris Dippenaar dalk meen Wouter Ferns, bedoel diese slimmigheid as iets "gryse-wysheid", Wouter Ferns in geen onsekerheid, sy onsekerheid eintlik in alles daarmee verkondig ...
hahahahahaha ...
grys, (-e); =er, =ste. 1. Grou, vaalwit, donkerwit. 2. Oud, wit; kinders wat glad te grys is, vroegryp kinders. dit sal my nie grys maak nie, ek sal my nie daaroor bekommer nie; grys voor sy tyd, op vroeë leeftyd al grys; slim vir sy jare (kind). 3. Verwaand, aanmatigend wees; in die gryse verlede, baie lank gelede.
... Wouter Ferns en Chris Dippenaar, krap maar daaruit so hard as jul kan om julself te probeer komplimenteer in jul vaalheid ...
Ek dink jul siniese beskouinge is gewoon aanmatigend en verwaand!
Reënboog groete,
Cornelius Henn
Hello Chris,
Beste Pieter,
Wyl sommige van die kommentare hierbo duidelik niks meer as onderhewig aan 'n kruipery onder mekaar is nie, het onse geliefde emeritus aartsbiskop Mpho Tutu, die volgende omtrent die katolieke beskouing rakende die rol van die Kerk, rakende die verwysing onder meer na etiek in jou bydrae geseg:
It is the job of religious leaders to call societal attention to things politicians would sometimes prefer to ignore, to jab society in the ribs when it becomes complacent, to provide comfort where people are in distress.Party political allegiances render the maintenance of critical distance extremely challenging, if not impossible. It is the role of religious leaders to provide spiritual and moral guidance, while it is the role of government to provide infrastructure and services.If we allow politics or politicians to set the faith agenda, we break our sacred trust as the voice of the voiceless, to speak for the poor, the powerless, the destitute, and the marginalized. It is they who must set the faith agenda.As religious leaders we bring people together, we encourage active citizenry, we engage the issues that challenge us – from sanitation to gangs to sexual violence. We criticize politicians where criticism is due, and applaud them for doing the right thing. But our applause is only meaningful when it is trustworthy.In my view, it is impossible to trust the words of faith leaders who speak from the back pocket of a political party rather than as representatives of the community, particularly the most marginalized and poor.
Lees gerus hier meer: http://www.tutu.org.za/mpho-tutu-on-religious-leaders-and-politicians-18-september-2013
Katolieke groete,
Cornelius Henn
Hello Almal,
Beste Wouter,
Ek vind dit heel deprimerend dat ek gedurig daarop gewys moet word dat Oliver Stone nie betroubaar is nie en dat hy slegs 'n politieke agenda het om die VSA en sy buitelandse beleid te "beswadder". Hierdie opinie papegaai jy seker uit die mond van Sean Wilenz in sy resensie van Oliver Stone en Peter Kuznick se The Untold History of the United States in die "New York Review of Books". Derhalwe, ek besef ( glo dit of nie) dat Stone nie 'n historikus is nie, maar wel Peter Kuznick. Stone het slegs die TV-reeks gemaak baseer op die boek en dit omvat meer as bloot die kontroversie oor Hiroshima.
Daarby laat jy 'n sterk indruk in jou briewe dat jy die buitelandse beleid van die VSA ondersteun vir wie Wilenz 'n apologeet is, want jy kwoteer graag hierdie man wat die boek wil afmaak as propaganda teen die VSA. En al jou ander kwotasies kom ook vanuit Anglo-Saksiese bronne. Die wêreld is darem meer as die VSA en Brittanje of het jy al so 'n slagoffer geword van hierdie Imperialistiese Magte, en hulle media, en derhalwe hulle interpretasie van die geskiedenis?
Onthou gerus dat dit altyd die oorwinners van 'n oorlog is wat die geskiedenis daarvan skrywe en hulle weergawes word dan aanvaar as die heilige waarheid. Hoekom kwoteer jy nie Japanese bronne ook nie vir 'n bietjie belans nie? As jy teruggaan oor wat ek geskryf het, sal jy agterkom dat Kuznick dit wel doen.
Ek sal liewer Stone en Kuznick se narrative oor die gebeure volg want hulle probeer nie die kriminele dade van hulle Presidente goed te praat nie (seker die beswaddering wat Wilenz bedoel), en hulle staaf hulle argumente met uitlatings van die persone betrokke by die geval.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Beste Wouter,
Dankie vir jou inset van 2013-09-19 @ 20.31 wat ek eers vanoggend gelees het, en van kennis geneem het, na my brief van 2013-09-19 @ 22.03
Die "bottom line van jou inset", nl. die laaste twee paragrawe wat ek nie verbatim sal herhaal nie, onderstreep weereens wat ek vir jou probeer laat verstaan omtrent die buitelandse beleid van die VSA en derglike apologete.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Beste Pieter,
'n Vooringenomenheid aan die mag van die dag, is die Wouter Fernse', Jaco Fouries' en Chris Dippenaars' se forte ...
In hul aanhang van die maghebbers se mening, lyk hulle sterk en slim in hul skaamtelose ongevoeligheid vir hul medemens wat daarin uitgebuit word!
Hul geveinsde nuanse om inligiting in 'n grys gebied te forseer sodat hul gebreinspoelde skaaltjies nie kantel nie, ontsier oral.
Nietemin Pieter, dis gewoon en lankal my persoonlike mening en regverdiging daarvoor dat geen eerlike en intelektuele gesprek moontlik met aandag aan sulke slimjanne kan wees nie.
Dankie dat jy dit ook uitwys.
Cornelius Henn
Hello Pieter
Hello,
Beste Wouter,
Dankie vir die moeite wat jy gedoen het, en vir al die inligting wat jy verskaf het. Meer kan jy nie doen nie.
Die "bottom line" vir my altans is dat baie bloot 'n klomp blah-blah-blah-blah is.
Daar is geen verskoning vir Truman se gebruik van die atoombom oor Hiroshima ('n siviele teiken sonder ENIGE militêre waarde) vir enige rede ookal nie, en nog minder rede oor Nagasaki. Die Nuremberg Oorlogsverhore verklaar ook dat daar dalk 'n grys area bestaan vir Hiroshima maar geen verskoning vir Nagasaki nie: nl. vervul egter die kentekens van 'n oorlogsmisdaad. As jy ooit in Japan aankom, besoek gerus die gedenkmuseum en bepeins diep die onbeskryflike hel wat die inwoners deurgemaak het. Die VSA wou hulle bomb uittoets op siviele tydens die sg. "rush hour" toe almal besig was om werktoe te gaan en kinders op pad skool toe was.
Ek is nie die eerste persoon ! om uit te wys dat die VSA verantwoordelik was van massamoord. Susan Sontag het dit 40 jaar gelede genoem. Maar destyds was ek té jonk en té naïef om te begryp wat sy bedoel het.
Jy is korrek om te spekuleer dat ek anti-Amerikaans sou wees. Wie vandag in sy regte verstand sou nie wees nie? Dit het heel laat in my lewe gekom, baie laat, soos my kennis van hierdie land se buitelandse beleid verbeter het, kennis wat in die verlede heel gebrekkig was weens my Suid-Afrikaanse agtergrond. In Suid-Afrika word alleen Anglo-Saksiese weergawes (die VSA en haar bondgenoot Brittanje) se pers gepapegaai.
Wat moet mens dink van 'n land wat atoombomme gebruik teen siviele teikens? Wat moet mens dink van 'n land wat onder die leiding van twee psigopate (Kissinger en Nixon) dood gesaai het onder honderde duisende Vietnamese, en inwoners van Laos en Cambodia? Wat moet mens dink van 'n president wat oorlog gaan maak in Irak en nie eers weet dat daar Shiia en Sunni muslims oa. woon nie? Ek wil jou nie verveel met 'n lang lys van die VSA se kriminele aktiwiteite nie, maar lees gerus Naomi Klein se boek" The Shock Doctrine" om 'n beter oorsig te kry.
Ek hoop dat bg helderheid aan jou sal bring om my "bestaansblik" te verstaan. Ek voel dat ek dalk jou bestaansblik beter bestaan.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys.
Wouter Ferns se slimmigheid hierbo, impliseer gewis ook dat die waarde heer Donald Trump, as 'n spreekwoordelike 'elephant in the room' - skuldig aan onsin soos 'Anti-Americanism' is ... hoe absurd!!! ... ja, die feit dat 'n mens skepties omtrent 'n saak in jou midde is, of selfs waag om kritiek teen jou eie of andere se leiers het, beteken gewis 'n onoorbrugbare kloof in die gedagte van eng en ekstreme fundamentaliste soos die Fernse', Fouries', Dippenaars' ... die waarheid is egter veel vryer as die grys skaaltjie waarop Wouter Ferns, als verkrag sodat dit nie in 'n sekerheid kantel nie ... nie te danke nie, Cornelius Henn
Hello Pieter,
Beste Wouter,
Ek bedank jou vir die gesprek en die tyd wat jy daarvoor afgestaan het.
Ek weet nie wat Susan Sontag kwyt geraak het oor 911. Ek kan alleen raai:
"They deserved it", en tot 'n groot mate stem ek saam met haar.
Baie groete,
Pieter Redelinghuys
Pieter, ek sit nou en wonder tot watter mate jy sou "saamstem" as dit 'n atoombom en nie vliegtuie was op 9/11.
Hello,
Hello Pieter,
Terwyl hierdie onderwerp nou op die tafel is kan daar verwys word na die volgende artikel uit die week se New Yorker met die titel, 'Nukes of Hazard' deur Louis Menand, voorheen hier verwys na, met sy opstel oor Lincoln, wat in hierdie week se New Yorker Eric Schlosser’s “Command and Control” bespreek.
Hello,
Hello,