Besoeke van die koningin van die nag

  • 2

Foto: Canva

Besoeke van die Koningin van die Nag
Epiphyllum oxypetalum
vir Ernst en Ansie Kotzé

Die maan straal lig in die tuin
op soek na ’n troon in die bedding
voordat die Koningin verskyn.

Binne skaars meer as ’n maand
het sy, vergesel van ’n mede-koningin,
twee mense laat jubel in die aand.

Vanaand het nog ’n koningin van die nag
twee geliefdes met haar skoonheid betower
voor haar nagtelike blomme swig voor die dag.

Epiphyllum oxypetalum verskyn nog ’n keer
op ons donker pad van onheil en skrik
om met jou edel gewaad die boosheid af te weer.

  • 2

Kommentaar

  • Susan Vorster

    Fyn aanvoeling Cas, soos net 'n woord -kunstenaar soos jy dit kan doen.
    As dit dieselfde plant is wat so kort na mekaar blom is dit beslis poësie waardig. Pragtig soos altyd.

  • Cas: jy slaag daarin om grepe uit wereld kultuur na Afrikaans te bring! jy verbreed ons denke sodat Mozart ons laat sing met die towerfluit van die koningin van die nag.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top