
Zani Botes
Zani Botes is gebore, getoë en opgelei in Johannesburg (RAU en Vega) en woon nou in Kaapstad tussen Leeukop se maanhare. Sy werk al jare in die internetbedryf, maar haar passie vir die kunste het die oorhand gekry en sy het vir inspirasie in die LitNet-kantoor gaan uithang as Inhoudbestuurder tot Julie 2005.
Sy en 'n vriendin het 'n maatskappy begin wat spesialiseer in strategiese web-, multimedia-, nuusbrief-, logo- en grafiese ontwerp, asook webontwikkeling. Hulle noem hulself Headgirls, omdat hulle glo aan goeie dienslewering. Die ander rede is dat hulle albei hoofmeisies in die laerskool was, maar met verloop van tyd het algehele rebellering teen alle vorme van instansies gelei tot 'n bevraagtekening en herdefiniëring van leef, lied, leed, lot en lot se vrou. Dit is juis hierdie herdefiniëring wat aanleiding gegee het tot die flambojante, rondborstige, uitspattig kreatiewe poespas genaamd Headgirls. Hulle wil graag eendag die mooiste webwerf in die wêreld maak.
Kontak Zani by zani@litnet.co.za.
Opgedateer/Updated: 2006-09-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info outdated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
