Yvonne Jooste het aan die begin van 2012 by die Universiteit Stellenbosch aangesluit. Sy doseer uitleg van wetstekste en regsfilosofie in die Departement Publiekreg. Sy het haar LLB en LLM aan die Universiteit van Pretoria voltooi en is werk tans aan dieselfde instansie aan haar LLD. Haar hoofbelangstellingsvelde is feminisme en die reg, kritiese regsteorie en postapartheid-regsleer.