Veronica van der Neut
Veronica is 45 jaar oud en bly in die mooie Jakarandastad. Sy is gebore in Polokwane, matriek geslaag in Makhado en het later ’n diploma in bemarking en algehele bestuur verwerf deur College SA. Veronica is ’n professionele model vir die voller figuur en inspireer graag ander dames met dit wat sy doen en bereik in die lewe. As sy ’n kans kry, help sy ook welsynsorganisasies met die insameling van klere, boeke, blikkieskos en enigiets wat benodig word. Op die oomblik is Veronica ’n finalis vir Mev Diamant Suid-Afrika 2019 en hou daarvan om in haar vrye tyd op te tree in advertensies en as ’n agtergrondspeler in flieks. Sy help graag haar dogter om klein stories, opstelle en toesprake te skryf vir skool. Haar gesegde is “Always do your best. What you plant now, you will harvest later.”
