
Tiens Geldenhuys
Tiens Geldenhuys is 'n derdejaarstudent aan die Universiteit van Stellenbosch.
Deur haar reise as swerwer van die lewe bevind sy haar op die oomblik in die akademie waar sy waardevolle lesse tot haar ervaringe byvoeg. Buiten haar liefde vir gedigte hou sy ook van die natuur, motorfietse en vliegtuie. As ervare lugwaardin het sy heelwat Afrika-lande soos Zimbabwe, Zambië, Botswana en Namibië besoek en die wye aspekte van Afrika saam met oorsese besoekers ervaar.
Gedigte is haar passie en dit is met opwinding dat sy aspirant-digters uitnooi om die wêreld van verse saam met haar op LitNet se gedigteblog te ontdek en te ervaar. Die toekoms is 'n geheim wat wag om ontrafel te word en tot dan deel sy graag in hul skrywes.
Opgedateer/Updated: 2009-02-25
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
