Theo Geyser

Theo Geyser is gebore op 13 November 1962. Produk van Standerton Hoër. Studeer op RAU vir eeue en eindig met ’n D iets. Hy begin die TV-program Voete wat deur die Kerk verban word. Hy sing sedert 1983 in Prophet saam met Koos van der Merwe en word ook vir nege jaar op radiostasies verban. Prophet wen na die ontbanning agt ATKV-Lier-toekennings en word twee keer genomineer vir SAMA-toekennings. Theo vang fanaties vis en leef Gen 1:26, “… heers oor die visse van die see …”, ten volle uit. Met die res van die Bybel sukkel hy. Hy verhuis ses jaar gelede na die paradys en woon in Stellenbosch saam met sy twee kinders Carissa en Milan. Hy is leraar by Stellenbosch Gemeente. Hy praat baie binne en buite die land. Niks meer kan oor hom gesê word nie; sy woorde en weë word, net soos sy vriend Koos, nêrens in die boeke van die profete genoem nie ...
Top