Susan Meiring

Ek is gebore op 15 November 1971 in Klawer. Ons gesin trek Kaap toe, toe ek 3jaar oud was. Ek het 'n taamlike holder-ste-bolder skoolloopbaan gehad. Ek begin dit by Northway Primer in Tygerberg en voltooi my laerskool jare by Thomas Wildschutt in Retreat. My hoerskool jare begin ek by Heathfield High in Heathfield en vorder tot in graad 11 (stander 9) by Elswood SS en verlaat die skool. In my middel twintigs woon ek aandklasse vir graad 12 (standerd 10) by Forest Heights Sekonder by . Ek was twee keer getroud en het vier pragtige kinders in die lewe gebring. Ek het sekuriteitswerk vir oor twee dekades gedoen voor die skryfgogga my beetpak! Ek was van kleins af lief vir lees en het op die ouderdon van 13jaar, Ena.Murray se Omnibusse verslind! Om uitgesonder te word vir my manier van skryf, was alledaags! Ek doen tans vryskut skryfwerk vir Die Son koerant en my eerste boek Dogters van Sahara word binnekort bekendgestel! Susan Meiring Skryfster
Top