Stoffel Cilliers

Stoffel Cilliers is gebore op 9 Februarie 1939 in Lindley. Hy woon tans (Februarie 2010) in Bloemfontein en het in 1999 ná 33 jaar diens in die OVS Onderwysdepartement afgetree. Hy was etlike jare aan die redaksies van Volksblad en Die Oosterlig verbonde.

Stoffel skryf die afgelope tien jaar resensies vir Volksblad en die afgelope paar jaar ook vir Beeld. Hy het ’n vervolgverhaal, jeugboek, kinderboek, talle kortverhale, rubrieke en artikels gepubliseer. Hy was in 1970 stigterslid van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging en 35 jaar voorsitter en twee jaar ondervoorsitter daarvan.



Opgedateer/Updated: 2010-02-16
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

 

 

Top