Stella
Stella het haar PhD (Praktiese Teologie) aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Tans is sy 'n navorsingsgenoot aan NWU (Praktiese Teologie) en besig met bewusmaking by die publiek. Sy stig ondersteuningsgroepe vir slagoffers en seksuele oortreders en moedig potensiële molesteerders aan om terapie vir hul verslawing te ondergaan.
Sy het 'n privaat spreekkamer op Klerksdorp en spesialiseer in seksueel afwykende gedrag en die pastorale bediening aan hierdie persone. Vanaf Maart 2012 bied sy haar navorsing in die vorm van 'n kortkursus by NWU (Fakulteit Teologie) aan. Hierdie is 'n kursus is gerig op bewusmaking, opleiding en voorkoming van seksuele molestering.