Shaun de Jager

Shaun de Jager is 'n derdejaar student in Afrikaans en Nederlands by die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria, waar hy ook as tutor werksaam is. Hy beoog om in 2010 sy studie voort te sit op nagraadse vlak en 'n honneurskursus in Afrikaans (met spesialisering in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde) te volg. Sy absolute passie vir die literatuur het daartoe gelei dat hy self nou en dan 'n poging aanwend om 'n gedig of twee te skep.


Opgedateer/Updated: 2009-06-24
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top