Salomé Geertsema

Salomé Geertsema behaal in 1999 die graad BKommunikasiepatologie aan die Universiteit van Pretoria, waarna sy haar loopbaan afskop as oudioloog by Beltone (Edms. Bpk.). Haar liefde vir kinders stu haar egter in die rigting van die spesiale onderwys, waar sy onder andere poste beklee by die Muriel Brandskool vir leerders met serebraalgestremdheid, asook die Via Nova-skool vir leerders met kognitiewe uitdagings. Gedurende hierdie tyd voltooi sy die graad MKommunikasiepatologie met ’n proefskrif getiteld “Stemversterking vir die onderwyser met stemprobleme”. Sy sluit in 2008 by die Universiteit Pretoria aan as lektor. Haar hoofareas van belang­stelling is spesifieke leergestremdheid (disleksie), spraakklankafwyking en kindertaalafwykings. Sy voltooi haar PhD in 2015 met ’n proefskrif getiteld “Die toepassing van motorleerbeginsels in die behandeling van spraakklankafwykings”. Publikasies sluit 30 internasionaal en plaaslik geakkrediteerde artikels in. Sy het ook nie-akademiese literatuur gepubliseer in die vorm van ’n kortverhaal vir kinders van 7–9 jaar, in 2018 uitgegee deur Fonteine Uitgewery. Sy is ’n medeprofessor aan die Universiteit van Pretoria.

A description of phonological patterns in Afrikaans children aged 24–72 months: a retrospective study

Simóne du Plessis, Mia le Roux, Salomé Geertsema, Marien Alet Graham Academic research 2024-02-06

"This study aimed to describe phonological patterns (PP) in Afrikaans-speaking children aged 24–72 months. The study adds a valuable contribution by focusing on and capturing accurate and reliable information regarding the development of PP in specific age and gender groups in Afrikaans first-language speakers, as speech sound disorders (SSDs) are among the most prevalent communication disorders in young children."

’n Beskrywing van fonologiese patrone by Afrikaanse kinders van 24 tot 72 maande: ’n retrospektiewe ondersoek

Simóne du Plessis, Mia le Roux, Salomé Geertsema, Marien Alet Graham LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-02-06

"Hierdie ondersoek verskaf ’n waardevolle bydrae tot die ontwikkeling van fonologiese patrone (FP’e) by 24–72 maande oue kinders in die Afrikaanse bevolking. Daarbenewens lewer die navorsing ook kommentaar op die verskille in die voorkoms van FP’e tussen seuns en dogters."

Personal amplification for a teacher with voice problems

Salomé Geertsema, Mia le Roux Academic research 2017-03-02

"A large portion of the South African population depends on this optimal use of voice for their occupations. Voice problems for the professional voice user in particular therefore impact negatively on their livelihood."

Persoonlike klankversterking vir ’n onderwyser met stemprobleme

Salomé Geertsema, Mia le Roux LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-03-02

"Aangesien baie Suid-Afrikaanse onderwysers in ’n posisie is waar medieseversekeringsfondse nie noodwendig kan vergoed vir verlies aan inkomste as gevolg van ’n stemprobleem nie en klankversterking nie in alle klaskamers voorsien kan word nie, mag ’n persoonlike en bekostigbare klankversterkingsapparaat ’n ideale langtermynoplossing bied."

Top