Ruth Baitsewe

Ruth Baitsewe studeer op Stellenbosch en behaal haar magistergraad in toegepaste taalkunde by die Departement Afrikaans en Nederlands in April 2006. Sy is tans besig met haar doktorsgraad in toegepaste taalkunde wat fokus op die uitbeelding van ? gewenste beeld in organisasies se geskrewe kommunikasie na aanleiding van die tersaaklike korporatiewe identiteit. Ruth doseer toegepaste taalkunde en Afrikaanse Taalverwerwing vir Vreemde Taalsprekers by die Departement Afrikaans en Nederlands aan die US sedert 2003.


Opgedateer/Updated: 2007-11-29
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top