Avatar

Rozanne Gewaar

Rozanne Gewaar sing observasies van ons menswees, ons heimwee en ons bly vanuit Chicago in die VSA. Sy’s lief vir verken – vertoef vir Hoerskool by Knysna, universiteit op Port Elizabeth, trek vandaar na Ohio en toe na Chicago – en oral waar sy gaan sien sy, skryf sy, en sing sy. As ‘n IT besigheidstelselanalis met ‘n liefde vir mooi woorde is sy ‘n vars teenskrydigheid in beide die sake- en die kunswereld. Sy’s by tye die projekbestuurder wat snaakse laggediggies kan skryf om haar spanne aan te spoor, en ‘n liedjieskrywer met ‘n geordende liasseerstelsel en databasisse wat skrik vir niks!

Vroegjare was Rozanne maar skaam – sy’t stilweg geskryf en min mense het haar hoor sing. Sy besluit egter terwyl sy in Ohio bly, dat dit tyd is om haar liedjies aan ander voor te le, neem sanglesse en doen ‘n paar vertonings – en daar byt die gogga haar toe. Sy’t nog nie weer opgehou nie! Rozanne se groeiende katalogus van meer as honderd liedjies word gereeld vir gehore in Chicago gespeel, waar Amerikaners beide Engelse en Afrikaanse liedjies verwelkom.

Haar eerste vollengte album, “Songs From Church Street”, is in 2012 uitgereik, en liedjies soos “Kill No More”, “Caution” en die fabel, “The Little Goat”, het mense gou laat regop sit.

Rolling Stone, South Africa, het geskryf oor Songs from Church Street, "Three songs settle the quivering heart of the album, readying it for a firm step out onto the ice: “The Little Goat” is all ominous fable, “Caution” hands out self-inflicted advice (‘I’ll say this once: caution leaves you dissatisfied’), then “Blue Eyed Madness” channels Beth Gibbons as she sounded on her sojourn with Rustin Man. Influences don’t come much better than that."

‘n Tweede album, “En Met Tyd” is in Januarie 2012 met vertonings in die VSA, Amsterdam en die Kaap vrygestel. Hierdie akoestiese werk, met pragtige cello begeleidings deur ene Ha!Man Francois le Roux, vertel stories soos Spinnekopwyfie, die alleenvrou wat haar Wiegielied Vir ‘n Skimkind sing, en Liefde Maak Met Taal.

Muziekvenster in Amsterdam noem die album "Een merkwaardige album." Hulle vra, "Is het de verwantschap met onze taal of iets anders dat ik haar een warm hart toedraag?"

Die projekbestuurder op Rozanne se regterskouer is ‘n slawedrywer wat skrik vir niks. Terwyl “En Met Tyd” vrygestel word, is ‘n derde album so pas by Sunset Studios in Stellenbosch opgeneem. Die Kaap se lieflingmusikant, Melissa van der Spuy, het ingespring met klavier, kombersdrom, harmonika en ander begeleidings. Liedjies soos “Chicagnitsa”, die aktivisteliedjie “Karoo” wat waarsku teen hidroliese “fracking” in Suid Afrika, en “Vrou” is tydens die toer geskaaf en word op die album ingesluit.

Maar Rozanne se sakke staan gepak – dis tyd om weer sneeu se kant toe te staan, stil te raak, te werk, en te skryf. “Ek wys nooit ‘n uitnodiging van die hand as ek dit kan help nie”, se sy. “Ek sing graag vir mense! My hart is hier in Suid Afrika; ek sal terugkom om te sing en speel so veel as wat ek kan.”

Protesmusiek, Rozanne Gewaar en 'fracking'

Henry Cloete, Rozanne Gewaar 2013-05-21 "Mense moet altyd ’n boodskap uit ’n paar oorde hoor voordat dit begin insink. Die proteslied is een van daardie oorde – en die advertensiebedryf het tog al vir ons gewys hoe effektief ’n goeie melodie kan wees!"

Rozanne Gewaar en die klanke van Kerkstraat

Henry Cloete, Rozanne Gewaar 2013-02-26 "Ek sluit in elke stel van vyf liedjies of so minstens een Afrikaanse liedjie in. Die Amerikaners hou daarvan so – hulle sê dis vir hulle mooi. Die Afrikaanse aksent is ook vir hulle mooi."
Top