royh
Kom van die Kaap. Sal n Stomer doodgaan. Het die land vol gereis en gewerk. Woon tans(noodgewonge) in Pietersburg(Polokwane vir die jong klomp). Geniet my werk as verteenwoordiger tot die dood toe. Ry baie en kry die snaakste idees wat dan storietjies word. RSG is my gunsteling radiostasie en History die top TV kanaal. Mis egter nie vir Oubaas en sy gevleuelde woorde nie. Kyk nie TV nuus nie, te veel geweld. Bly deur die dag op datum met die radio.
Skryf "briewe" vir n koerant in Tzaneen. Gewoonlik iets met die dorp en sy mense te doen.
Is verskriklik lief vir my kinders, almal. Like hulle partykeer minder, maar lief hulle nog steeds
Is getroud( was wewenaar) en het die pragtigste laatlam. Pa se kind!