Ronald Cools

Ronald Cools is ’n professor aan die Departement Rekenaarwetenskap van die Katolieke Universiteit Leuven. Hy het 75 artikels in internasionale portuurbeoordeelde tydskrifte gepubliseer, sowel as 5 artikels in ander tydskrifte of nuusbriewe, 28 referate as uitvloeisel van internasionale konferensies en 4 artikels as hoofstuk in ’n boek. Hy is ook die mederedakteur van ’n boek.

Hy is ’n stigtersredakteur van die Journal of Universal Computer Science (sedert 1994) en redakteur van verskeie ander akademiese tydskrifte, onder andere die Kragujevac Journal of Mathematics en die Journal of Numerical Analysis, Industrial and Applied Mathematics (sedert 2006). Hy is ’n promotor en woordvoerder van die navorsingsnetwerk “Advanced numerical methods for mathematical modelling” (sedert 2001) en is betrokke by ’n groot aantal navorsingsprojekte.

 

Opgedateer/Updated: 2009-11-05

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top