Rodney Zeeberg

Rodney Zeeberg is tans Kommunikasie Bestuurder by Urban Soul Communications en het die voorreg om sy passie, SKRYF, in sy werk uit te leef. Hy’s lief vir Afrikaans en het gereeld geskryf as die Radikale Rot vir ‘n gemeenskapskoerant, Die Metro Burger. Hy is die skrywer van die agterblad artikel, "Die Land van Braaivleis, Sonskyn en Chevrolet" van die destydse Afrikaans Vandag (‘n gewese mondstuk van die toe, Stigting vir Afrikaans).  Ook is hy die skrywer van ‘n selfgepubliseerde engelse verhaal, "Learning to Survive", wat die wel en wee van ‘n graad 1-3 kleuter vertel. Tans is hy besig met ‘n nuwe boek wat hy later sal wil bekend stel. Hy bied ook werksessies aan in Business Writing Skills vir private-, openbare- en nie-regeringsorganisasies. 
Top