Riana Venter

Gebore en grootgeword in die pragtige Limpopo, of verre Noord-Transvaal. Is 'n introvert en baie lief vir die natuur en tuinmaak. My liefde vir skryf het al jongtyd in my binneste kom aanklop, wat ek met opstelle en storietjies aan my maats beoefen het. Baie min daarvan het egter behoue gebly (dalk n seën?). In die storm en drang jare van studeer, trou en kinders grootmaak, was daar min tyd om hierdie liefde lug te gee. Noudat my lewe rustiger word, het hierdie drang weer kom oë oopmaak. So al met my reis langs deur die lewe vol hartseer, geluk en trauma, het daar iewers 'n klomp beelde vasgesteek, wat nou na die oppervlak wil dring op papier. Of my skrywery iets sal oplewer al dan nie, sal dit 'n passie wees wat ek my lewe lank vertroetel het en nou op die klawerbord wil vrylaat (pen en ink geld nie meer nie).

Is getroud, het twee volwasse kinders, elkeen reeds met sy eie gesin, en dan 'n laatlamseun wat die lewe op 'n mallemeulejaagtog gooi. Ook die trotse ouma van vier pragtige, talentvolle kleindogters wat gek is na hul oompie. Dan besit ek 'n gastehuis wat sorg dat ek nie verveeld raak nie en my voete stewig op die aarde plant.

 

 
Opgedateer/Updated: 2007-11-08
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
Top