
Philip Theunissen
Philip Theunissen is in 1959 in Krugersdorp gebore. Hy matrikuleer in 1976 aan die Hoërskool Wolmaransstad en na sy diensplig behaal hy ‘n BComm aan die PU vir CHO in 1982. Hy verwerf ook ‘n Hons BComm en MComm aan UNISA. In 1998 behaal hy ‘n PhD in Ondernemingsbestuur aan die PU vir CHO. Hy begin sy loopbaan in 1983 as ‘n ekonoom by die Suid-Afrikaanse Landbou-unie maar aanvaar vier jaar later ‘n betrekking as landbou-ekonoom by Vrystaat Koöperasie. Hy was daarna ook Finansiële Bestuurder van ‘n boerdery-maatskappy in die Paarl voordat hy in 1991 die burodiens vir boere, naamlik COMPUTUS Bestuursburo, BK, op Bethlehem in die Oos-Vrystaat begin het. Hy is betrokke by die ontwikkeling van korrespondensiekursusse vir boere en is ook ‘n vryskut landboujoernalis. In 1993 is hy aangewys as Suid-Afrika se landboujoernalis van die jaar en in 2001 is sy artikel: "Wanneer moet 'n boer halt roep?" as beste artikel aangewys wat in SA Graan verskyn het. Hy is getroud met Marlize en hulle het drie kinders.
Opgedateer/Updated: 2006-09-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info outdated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
