Philip du Toit

Philip du Toit het op Stellenbosch grootgeword en het sy skoolloopbaan by Paul Roos Gimnasium voltooi, waarna hy teologie aan die Universiteit Stellenbosch (US) studeer het. Na sy voorgraadse studie (BA en BTh) was hy vir 17 jaar in die rekenaarbedryf. Hy was mede-eienaar en later alleeneienaar van Faithful Computers. Aan die begin van 2011 sit hy sy studie aan die US voort en slaag die graad MTh in Nuwe Testament met lof. In 2013 verwerf hy sy doktorsgraad in Nuwe Testament aan die US en is tans ’n nadoktorale navorsingsgenoot in Nuwe Testament, met ’n fokus op die Pauliniese korpus, steeds by dieselfde universiteit.

An evaluation of the translation of σάρξ (flesh) in the Direkte Vertaling (Direct Translation) and the Afrikaanse Standaard Vertaling (Afrikaans Standard Translation) of the New Testament

Philip du Toit Academic research 2016-09-06

"The translation 'sinful nature' actually lies closer to the Hellenistic idea of a higher nature (spirit) and lower nature (flesh), which should be avoided. In the light of the study it is a question what the function and definition of a direct translation are."

’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling en die Afrikaanse Standaard Vertaling van die Nuwe Testament

Philip du Toit LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2016-09-05

"Ofskoon ’n verstaan van die Gees en die vlees as twee heilshistoriese en eskatologiese bestaanswyses staan teenoor die interpretasie om die Gees en vlees te sien as ’n voortdurende stryd tussen die “sondige aard/natuur” van die mens wat ’n stryd voer met die inwonende Gees, hoef die eskatologiese verstaan nie ook te lei tot triomfalisme nie."

Perspektiewe op die Noagitiese wette by Paulus, en die belang daarvan vir Joods-Christelike dialoog

Philip du Toit 2013-03-26 "Enige aanspraak op die onderhouding van Noagitiese wette as voorwaarde om as “God se mense” gekenmerk te word, skep juis probleme in die Joods-Christelike dialoog in dié opsig dat dit Joodse meerderwaardigheid laat voortduur."
Top