Petronell
Petronell, Die Publiseerder:
Na vele jare as huisvrou woon sy ‘n skrywerskursus te Potchefstroom Universiteit by in 2000. Dit was gelei deur Professor Hans du Plessis.
In die heel eerste klas was haar gedig ook eerste gegryp en die woorde letterlik uitmekaar geskeur. Trots moes gesluk, trane gedroog en lesse, vinnig geleer word. Daardie einste aand skryf sy ‘n gedig, herskryf dit 43 keer, voor sy dit die volgende dag aan Professor Thys Syfert oorhandig, moontlik in ‘n poging om haar trots te herstel.
Iets wat baie duidelik geblyk het uit die kursus, was dat die mark vir die ontginning van Suid Afrikaanse skrywers nie op standaard was nie. Daar was, steeds is, baie leemtes en Jan Alleman het byna geen kans om erken te word as skrywer nie.
‘n Passie om te skryf, te deel en om ongekende skrywers te publiseer, was onmiddelik gebore.
Sy begin ‘n ATKV tak in 2001, genoem die ATKV Boomhuisie Skrywerstak. Hier word sy verkies as Voorsitter, begin onmiddelik met publikasie moontlikhede in die vorm van ‘n webtuiste genaamd www.etydskrif.co.za van waar sy vreemdes oor die internet betrek en lei die groep vir sowat twee jaar voor sy dit gestop het agv fondsverwante redes.
Vanaf 2001 is Petronell betrokke in webtuiste ontwikkelings en het ook ‘n paar kursusse geloop in Php en MySql, vanwaar sy uiteindelik in die I.T. sektor betrek is.
Onlangs het die webtuistes www.poetryinperson.co.za en www.petronell.co.za die lig gesien, gebore uit dieselfde passie as wat die eertydse ATKV-tak sowel as eTyskryf, op die been gebring was.
www.petronell.co.za en www.poetryinperson.co.za is dus ‘n forum vanwaar ongekende sowel as gekende skrywers van beide die Afrikaanse en Engelse tale, gratis kan publiseer.
Die webtuistes spog met ‘n registrasie paneel, skrywers mag hulself bekendstel dmv n kort opsomming omtrent hulle self en ook ‘n foto wat geplaas kan word. Dit behoort lesers ‘n beter begrip omtrent die skrywers te gee. Skrywes mag onder verskillende katagorieë geplaas word en nuwe katagorieë mag ook voorgestel word vir oorweging.
Persoonlik, Petronell:
Sy is gebore op 27 November, 1967, te Caledon, Suid Afrika. Sy is die derde van vier kinders en het vier kinders van haar eie.
Sy is ‘n aktiewe skrywer van gedigte sowel as musiek veral as virtuele geskenke op sommige skrywers se werke sowel as haar eie. Sy het ‘n Facebook-profiel onder die naam Petro Paulsen en sy het ook ‘n groep by name Poetry In Person, opdieselfde forum.
Ander belangstellings is om die Pink Ladies Missing Person organisasie bewusmaking te help bevorder, sowel as om mense wie homofobies is gerus te stel omtrent die onderwerp.
Sy stuur van tyd tot tyd artikels via epos op direk verwante onderwerpe, o.a. huislike en kinder geweld, om die wêreld bewus te maak van die oorsprong sowel as die roete na genesing op die betreklike. Sy het die afgelope paar maande gepraktiseer as Leerlings Berader onder leiding van ‘n professionele Berader en stuur reeds hierdie artikels uit omdat sy eerstehandse ondervinding in verwante opskrifte het.
