Petro Rhode

Is gebore en getoë in Paarl en ek stel myself gewoonlik as 'n woordkunstenaar voor. 'n Kortverhaal van my, "Ontvlugting", is opgeneem in 'n bundel, Palawer van die woord; 'n dagstuk, "Iemand om by swak te wees", is ook opgeneem in 'n dagboek vir vroue, getiteld Lewe in ink. 'n Paar artikels het ook al in die Seepkis-rubriek in Rapport verskyn, asook in Winelands Echo, die plaaslike koerant hier in Paarl. Het ook al my hand aan die skryf van verhoogdramas gewaag, waarvan 'n paar opgevoer is. Ek tree by voorleesgeleenthede op (soos vroeër vanjaar by die Woordfees te Stellenbosch, asook by die Touch of Madness in Observatory). Ek is 'n omroeper by ons plaaslike radiostasie (Radio KC), en poog daarmee om aspirantskrywers aan die hand te vat deur hulle blootstelling te gee en hulle werk voor te lees, asook om gevestigde skrywers te kry wat wenke gee. Ek is werksaam by die Afrikaanse Taalmuseum in Paarl, is geskei, en het twee tieners.  


Opgedateer/Updated: 2007-11-08
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
Top