Ollie

Gewese hoofredaksielid van Huisgenoot (assistent-redakteur). Afgetree in die jare negentig voor die eeuwisseling. waarna ek 'n tyd lank tot in vroeë 2000's as konsultant in die redaksie aangebly het. Was so op die verre rand van die skrywerstoneel bedrywig met veral kortverhale en 'n drietal radiodramas (maar ook so ver op die rand dat niemand my werklik sou onthou het nie!). Is egter nogal ingenome met die familieboek wat ek saamgestel het, waardeur ek die wortels van ons familie in Duitsland kon gaan uitgrawe. Ek het mense gevind met feitlik dieselfde familienaam as ek (Oldewage) op die dieselfde plaas waarvandaan my stamvader in die laat 7000's na Suid-Afrika gekom het. In nagenoeg 2001 het die uwe in alle erns begin om die ensiklopediese Afrikaanse webwerf Mieliestronk vir Skoolprojekte op te bou. Die werf se gewildheid het die stoutste verwagting oortref. Ek het dit 'n tyd gelede aan Media24 verkoop.
Top