Odette Geldenhuys

Odette Geldenhuys begin in 2004 haar studies aan die Universiteit Stellenbosch, waar sy opvoedkundige sielkunde studeer en haar nagraadse onderwyskwalifaksie voltooi. Haar passie om met kinders te werk word verder versterk  toe sy in 2008 haar liefde vir spelterapie ontdek en ’n meestersgraad (MDIAC) by Unisa daarin voltooi. Sy het berading en terapie gedoen, asook onderwys gegee by skole in die noordelike voorstede van Kaapstad, waar haar fokus gedragsmodifikasie, selfmutulasie en trauma was. In 2011 is sy in privaatpraktyk met die fokus op trauma  en ouerlyding. In 2014 verhuis sy na Dubai, waar sy vir twee jaar as ’n sielkundige werk by ’n kindersentrum wat fokus op spelterapie, trauma en sensoriese intergrasie. Sy verwerf ’n toekenning by die sentrum vir volharding  en deursettingsvermoë in haar werkswyse en haar terapiestyl wat kinders en ouers ondersteun. In 2017 voltooi sy ’n PhD in sielkunde aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroom), gegrond op die verkenning van positiewe sielkunde.

Relational well-being of adolescents in a South African high-risk community 

Odette Geldenhuys, Izanette van Schalkwyk Academic research 2020-03-05

"Although adolescents have a good idea of healthy relationships, they described positive interactions mostly in terms of the absence of dysfunctional behaviour or relational abuse, such as violence."

Verhoudingswelstand van adolessente in ’n Suid-Afrikaanse hoërisiko gemeenskap

Odette Geldenhuys, Izanette van Schalkwyk LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2020-03-05

"Alhoewel adolessente wel ’n goeie idee het van gesonde verhoudings, is positiewe interaksies hoofsaaklik in terme van die afwesigheid van krenkende gedrag of mishandeling, soos geweld, beskryf."

Top