Obek Oopoor

Ek weet vandag dat mens se velkleur volgens die lesse wat Jesus ons geleer het van geen belang is nie. Wat tussen ons ore aangaan is egter (vir my in ons mense-wereld) wel van groot belang. Afrikaans is my eerste taal. Dis die potgrond waarin ek grootgeword het. Engels is my tweede taal, en Nederlands waarskynlik my derde. Duits my vierde? En die mengelmoes van ons land se ander lekker en luisterryke tale is die speserye in die pot. Die mensdom met sy musiek en kultuur is nader aan my hart as sport en bier. Ek sien amper op sestig maar nog net 'n newel van die heelal. Ek kyk. Ek luister. Ek proe en ek dink. En neem met groot verwondering deel aan die oop gesprek. Vrede en liefde!
Top