Nolene Sodom

Nolene Sodom is gebore 24 Augustus 1976 in Valsbaai hospitaal, Wynberg distrik, maar het opgegroei by haar oumagrootjie in die platteland op die Sendingstasie Langkloof (Buitestasie van Wupperthal) in die Cederberg-gebied. Sy matrikuleer in 1995 aan Clanwilliam Sekondêr en werk tans as ‘n Toerismebeampte in Wupperthal waar sy ‘n wye verskeidenheid van mense en persoonlikhede ontmoet. Afrikaans is haar Taal. Die Taal waarin sy Lag, Bid en Huil. Vanaf haar laerskooldae het sy gediggies geskryf. Sy het ook later drama’s en kortverhale begin skryf. Twee van haar drama’s was al voorheen op Langkloof deur die plaaslike jeug opgevoer maar sy het nog nie van haar werke publiseer nie. In haar vrye tyd - wat baie min is - geniet sy die volgende: voetslaan, tyd met familie en vriende, lees, geskiedenis, reis, musiek en die natuur.

Opgedateer/Updated: 2006-09-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio info outdated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top