Nettie

Antoinette is die jongste van vier kinders. Sy het groot geword in Wonderboom in die Noorde van Pretoria en matriek klaargemaak aan die Hoërskool Overkruin. Nadat sy matriek klaargemaak het, het sy gaan swot vir 'n sekretariele diploma by Varsity Collage in Pretoria. Sy het vir 12 jaar lank gewerk in verskeie bedrywighede as verkoopagent, sekretaresse en administrasie van veilings. Op 'n dag het sy toe besluit om alles te los en van beroep te verander en haar passie te volg in die kunste. Sy gradueer aan die eiende van die jaar 2014 as digitale multimedia kunstenaar. Sy hoop om eendag 'n professionele multimedia kunstenaar te wees en haarself in die animasie en filmbedryf te bekwaam.
Top