Nelis
Ek vang my toe afwesig, in dagte gedwaal en denke wat willens en wetens genot om my draal in die taal van my volk. Toe dink ek Nelis, meneertjie! Dis wrintie g'n wonder dat jy met wik en weeg en pas en meet tot niks meer vermag as verbeel. Die vertel jy begeer gaan beslis ook nie ewe gedwee vanself tot wording smee. Sonder om mede en klinker te span tot verstaan, of woorde te juk tot daar sinne bestaan, sonder om ritme en rym tot kadens op te saal en taalvaardig te dryf tot dit klop in verbaal vertoog is dit niks meer dan droom, en niks minder as digterlike proos in wanhoop verniet. Nou skryf ek maar ... Welkom!