Neil van Schalkwyk

Neil van Schalkwyk beskik oor ’n BA, LLB en LLD wat aan die Universiteit van Pretoria (UP) verwerf is. Na ’n kort periode as aanklaer in 1979 begin sy akademiese loopbaan in Julie dieselfde jaar by UP, en wel as senior lektor. Hy is tans professor in privaatreg aan UP en doseer familiereg vir eerstejaarstudente en sakereg vir die derdejaars. Hy was ook verantwoordelik vir die kurrikulering van die LLM in familiereg en doseer self ook van die voorgeskrewe afdelings. Hy is outeur van Algemene beginsels van die familiereg (2011) en mede-outeur van Algemene beginsels van die sakereg (2012). Sy navorsing geskied hoofsaaklik op die gebied van die familiereg, en verskeie van sy artikels, aantekeninge en vonnisbesprekings het reeds in portuurbeoordeelde tydskrifte verskyn. Hy woon jaarliks familiereg-colloquia by, waar hy ook voordragte lewer. Sedert 1997 neem hy deel aan die konferensies van die International Society of Family Law en tree gereeld as spreker op.


The parol evidence rule: Universal partnerships and the marriage out of community of property with the exclusion of profit and loss and accrual

Neil van Schalkwyk Academic research 2015-08-12

A complete universal partnership agreement concluded after the marriage ceremony is always invalid, because its effect changes the matrimonial property system informally. A commercial universal partnership agreement is enforceable and valid unless the written antenuptial contract prohibits it.

Die ekstrinsieke-getuienis-reël: Universele vennootskappe en die huwelik buite gemeenskap van goed met uitsluiting van wins en verlies en aanwas

Neil van Schalkwyk LitNet Akademies (Regte) 2015-08-11

Die kwessie of partye wat buite gemeenskap van goed getroud is, ’n universele vennootskap met mekaar mag sluit, is nie nuut nie en loop hand aan hand met die debat oor die informele verandering van ’n huweliksgoederebedeling stante matrimonio.

Nahuwelikse onderhandse/buitegeregtelike verandering van die huweliksgoederebedeling stante matrimonio

Neil van Schalkwyk 2013-11-11 "In hierdie aantekening val die fokus op die geldigheid al dan nie van onderhandse/buitegeregtelike verandering van die huweliksgoederebedeling."

Huwelik binne gemeenskap van goed: Die effek van ’n egskeidingsbevel op ’n bateverdelingsooreenkoms

Neil van Schalkwyk 2012-09-27 "Die doel met hierdie aantekening is om te kyk wat die effek van ’n egskeidingsbevel op ’n bateverdelingsooreenkoms is indien die partye binne gemeenskap van goed getroud is."
Top