Nasionale Boekweek 2025: Miemie du Plessis se kinderboekkeuses
2025-09-10"Ek wil Jaco Jacobs se prenteboek My stem kan vreemde dinge doen uitlig. Dit het ontstaan as ’n liriek vir ’n laerskoolkoor van Bloemfontein en ek het toe vir Jaco gevra of ek ’n prenteboek daarvan kan maak. ... Al is ek so bekend met die boek se teks, raak ek steeds bewoë wanneer ek dit lees. Die boek gaan egter oor baie meer as koorsang. Koorsang is slegs een van die wyses waarop kinders hul stemme kan laat hoor."
Wêreldboekedag 2024: Trek aan soos ’n Suid-Afrikaanse kinderboekkarakter!
2024-04-23Wil jy Niki Daley se Jamela of Jaco Jacobs se zombie uit Oupa Zombie wees – of dalk ’n Storiemuis uit die luisterboeke? Wat van Liewe Heksie? Die Babalela? Of Asterix? Elke jaar tydens Wêreldboekedag sien mens bekende karakters uit Engelstalige kinderboeke hul opwagting by skole maak, wanneer laerskoolkinders uitgenooi word om die dag te vier en soos ’n gunstelingkinderboekkarakter aan te trek. Waar is ons Afrikaanse en eg Suid-Afrikaanse kinderboekkarakters om saam te speel?
