Maureen

Ek woon in Oos London, ek is baie privaat en is nie gemaklik om van m. persoonlike lewe te praat nie veral nie op die internet nie. Ek is Afrikaans en getroud vir die tweede keer ek het een seun hy is 24 jaar oud. Ek sien myself as n kunstenaar al weet niemand anders van my nie maar dit is my eie skuld. Ek kan skryf en sing nie n instrument speel nie maar sing kan ek. Enige vorm van kuns is soos voedsel vir my siel. Almal het altyd gese ek is anders maar nooit gese hoe anders ek is nie. Nou weet ek wat dit is, mense wat my ken se dit self, ek is anders hoe ek dink, redeneer en dinge doen.Om te lag is vir my die wonderlikste ding om te doen en om vir my self ook te lag dis nog eers lekker. Al die woorde wat vloei uit my hart en mond uit kan nie binne gehou word nie ek moet iets doen om dit al die tyd net vry te laat. Ek is Afrikaans maar my Engels is baie beter ek kan skaars die afrikaanse woorde reg spel en dit vat my drie keer langer om te skryf. Ek kan baie se hier maar dit sal n baie lang biografie wees. Soos mense my leer ken sal ek vrae antwoord so sal almal meer van my leer en weet. Dit is die eerste keer dat ek my ontbloot soos die, ek se maar min oor myself ek hou van my privaatheid maar wil my werk deel en meer leer oor skryf.
Top