
Maryke Janse van Rensburg
Maryke Janse van Rensburg blog gereeld op LitNET se blogs wat sy baie geniet.
Hierdie jaar sal sy haar drie en veertigste verjaarsdag vier wat haar al hoe nader aan die halfeeu merk bring. Haar man ondersteun haar in alles wat sy doen en hulle is nou amper vier jaar gelukkig getroud. Sy is die ma van twee pragtige seuns, stiefma vir drie wonderlike kinders en ouma van een.
Sy het nog nooit werk gepubliseer nie, maar skryf tans (sy het al seker honderde verhaal begin hoofstukke) aan haar eerste boek. Sy weet nog nie of dit ‘n roman, hygroman of spanning gaan wees nie. Sy sal sien hoe hy vorder.
Aan die werk kant is sy ‘n eiendomsagent wat in verhurings spesialiseer, sy doen webtuiste ontwerp en verkoop DVD's van Klassieke films.
Haar groot belangstellings is skryf, lees, sing, musiek en so nou en dan skilder sy ‘n bietjie.
Dit is vir haar baie belangrik dat elke mens sy volle potensiaal bereik en dit is waarmee sy haarself besig hou. Werk elke dag daaraan om beter te wees.
Opgedateer/Updated: 2010-02-10
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
