Mariëtte Botha

Mariëtte Botha is postdoktorale genoot aan die Afdeling Spraak-, Taal- en Gehoorterapie, Universiteit Stellenbosch. Sy is as spraak-taalterapeut en gehoorapparaat-akoestikus by die Gesondheidsberoepsraad van Suid-Afrika (Health Professions Council of South Africa) geregistreer. Sy het haar voorgraadse opleiding in spraak-taalterapie in 2004 aan die Universiteit Stellenbosch voltooi. Daarna het sy in 2008 ’n meestersgraad in spraak-taalpatologie aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Sy het tot einde 2015 as spraakterapeut by haar privaat praktyk in Port Elizabeth gewerk. Daarna het sy ’n gevorderde diploma in gehoorapparaat-akoestiek van die Universiteit van Pretoria ontvang en van 2016 tot 2019 in ’n privaat oudiologiepraktyk en rehabilitasiehospitaal gewerk. Sy het haar doktorsgraad in spraak-taalterapie in 2025 onder die promotorskap van Berna Gerber verwerf. Die titel van haar tesis was “Kruis-linguistiese en -kulturele vroeë kommunikasie-intervensie: ’n ondersoek na die ervarings van spraak-taalterapeute en versorgers”. Haar navorsingsbelangstellings sluit die volgende gebiede in: vroeë kommunikasie-intervensie, kruislinguistiese en -kulturele spraak-taalterapie en riglynontwikkeling.  Sy woon tans in Port Elizabeth saam haar man en seun en geniet ’n rustige lewe by die see.

Practical guidelines for cross-linguistic and cross-cultural early communication intervention: an appraisal by stakeholders

Mariëtte Botha, Berna Gerber, Anita van der Merwe, Juan Bornman Academic research 2025-06-20

"In a linguistically and culturally diverse country like South Africa, cross-linguistic and cross-cultural (CLACC) early communication intervention (ECI) is a complex issue considering the heterogeneity of speech-language therapy clients."

Praktiese riglyne vir kruislinguistiese en -kulturele vroeë kommunikasie-intervensie: ’n beoordeling deur belanghebbendes

Mariëtte Botha, Berna Gerber, Anita van der Merwe, Juan Bornman LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-06-20

"Spraak-taalterapeute moet kliënte uit verskillende taal- en kultuuragtergronde kan bedien. Nietemin toon navorsing dat die besonderse diverse taal- en kultuurkonteks van Suid-Afrika bepaalde uitdagings vir hierdie terapeute inhou."

Cross-linguistic and -cultural early communication intervention: the experiences of caregivers

Mariëtte Botha, Berna Gerber, Anita van der Merwe Academic research 2024-07-02

"There is an increase in the prevalence of linguistic and cultural diversity worldwide. This requires speech-language therapists and other early childhood development practitioners to provide effective and equitable services to clients with a language and cultural background that often differs from their own."

Kruislinguistiese en -kulturele vroeë kommunikasie-intervensie: die ervarings van versorgers

Mariëtte Botha, Berna Gerber, Anita van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-07-02

"Kruislinguistiese en -kulturele spraak-taalterapie vind plaas wanneer die spraak-taalterapeut en die kliënt se moedertaal en kultuuragtergrond van mekaar verskil. Goeie kruislinguistiese en -kulturele interaksies bevorder samewerking, wedersydse respek en vertroue."

Cross-linguistic and -cultural early communication intervention: the lived experiences of speech-language therapists

Mariëtte Botha, Berna Gerber Academic research 2023-08-22

"In a population-diverse country like South Africa the speech-language therapist (SLT) and the client do not always represent the same language and culture. Clients are therefore often served in their second or even third language. This brings about various challenges, but also rewards ..."

Kruislinguistiese en -kulturele vroeë kommunikasie-intervensie: die geleefde ervaringe van spraak-taalterapeute

Mariëtte Botha, Berna Gerber LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-08-22

"Die aanleer van die versorger se taal was die strategie wat deur die meeste van die terapeute aangewend is. Een deelnemer het verskeie idees gedeel rakende haar benadering tot die aanleer van die versorger se moedertaal en verduidelik hoe dit haar verhouding met die versorger positief beïnvloed het ..."

Barriers in cross-linguistic and cross-cultural paediatric speech-language therapy and strategies for promoting culturally safe practices: a scoping review

Mariëtte Botha, Berna Gerber, Anita van der Merwe Academic research 2021-12-14

"Culturally and linguistically diverse countries such as South Africa require speech-language therapy services that are accessible and culturally safe."

Struikelblokke in kruislinguistiese en -kulturele pediatriese spraak-taalterapie en strategieë vir die bevordering van kultuurveilige praktyke: ’n omvangsbepaling

Mariëtte Botha, Berna Gerber, Anita van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-12-14

"In ’n kultureel en linguisties diverse land soos Suid-Afrika bestaan daar ’n belangrike behoefte om spraak-taalterapiedienste te lewer wat kultuurveilig van aard is."

Top