
Marietjie Lavelle
Marietjie Lavelle is in Stellenbosch gebore en het haar hoërskoolopleiding in Franschhoek voltooi. Daarna is sy na die Universiteit Stellenbosch om haar BA-graad met Sielkunde en Afrikaans en Nederlands as hoofvakke te voltooi. Sy woon tans in Sedgefield, die lieflike dorpie by die see in die pragtige Tuinroete.
Noudat haar vier kinders almal volwasse is, kan sy meer aandag aan haar twee groot liefdes gee: lees en skryf. Alhoewel sy al vir bykans 25 jaar haar brood verdien deur eiendomme te verkoop, het sy nooit haar liefde vir die woord verloor nie. Wanneer ’n interessante situasie plaasvind, moet sy dit net eenvoudig neerpen.
Sy het onlangs haar hand begin waag aan gedigte skryf in Afrikaans sowel as in Engels en vind dit baie verrykend.
Â
Â
Opgedateer/Updated: 2010-04-15
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
